Monday, April 27, 2009

Hallo Almal!

Ek het my Mamma en Pappa so besig gehou die
laaste ruk dat ek nie eens tyd gekry het om vir
julle te tik nie! Dit gaan baie goed met my - ek het nou al my 2de klomp inentings gekry (glad
nie lekker nie...), ek weeg nou al 5,35 kg en ek is
al 61 cm lank! My Pappa se ek raak net mooier
en ouliker by die dag!!! En so baie mense het die
afgelope ruk gese van my ogies boontoe lyk ek nes Mamma - en my Mamma is tog te bly! Almal
het mos heeltyd gese ek lyk net na my Pappa.








Ek het verskriklik lekker in Oudtshoorn gekuier! Ek kan nie glo die tyd het so gou verby gegaan nie. Op die foto's kan julle sien waar ek saam met my Ouma en Oupa sit, dan is daar waar ek by my cute niggie, Lindsey, sit. Sy het my baie bederf deur my op te tel en mee te loop (en sy raak nie eens op haar senuwees as ek so lekker erg huil nie!). Een middag het sy vir 2 ure tjoepstil gesit, want ek het in haar arm aan die slaap geraak! Sy wou nie beweeg nie, want ek slaap mos maar min. Ouma Essie het my juis "Meerkat" gedoop; ek sit te lekker en kyk na als wat om my aangaan, of dit nou dag of nag is!


My Engelse Tannie Ashley het my net so baie vasgehou! Ek het omtrent elke middag in haar arms geslaap! Ek mis hulle eintlik baie! Sy en Lindsey praat Engels. Ek ken die taal, want
ons bure in Centurion praat ook Engels. Ashley het so af en toe darem Afrikaans ook met my
gepraat.

Dit was verskriklik warm in Oudtshoorn! My Mamma was bly, want sy se nou kon sy my in al my somerskleertjies aantrek wat die mense vir my present gegee het. Ek het party dae sommer 3 keer moes ander klere aantrek!





















My Oom Heinrich was net so handig met my! Hy het my net so lekker vasgehou en blykbaar gaan hy my leer krieket en rugby speel! Dit klink baie lekker! Ek kan ook nie wag dat ek en Pappa saam Hein en Oupa 'n 4-bal kan gaan speel met golf nie.


I wonder who will be able to guess who is holding me on the last photo? If you follow the Super 14 rugby you might have a clue, but then you must know the coaches as well! It is Ian Foster, the coach of the Chiefs! I was wearing my beautiful Kiwi outfit that our neighbours from New Zealand gave me when I met Ian, but they put me inside a big Chief jersey! Unfortunately I was
asleep when my dad took the photo - I got VERY TIRED from practising my kicks! I am sure he will offer me a position in his team one of these days ... My Mamma en Pappa het na die wedstryd eergister gaan kyk tussen die Chiefs en die Bulle - en dit was die eerste keer dat ek by ander mense gebly het (hulle noem dit baby-sitting). Tannie Karin en oom Henk van die Selgroep het BAIE mooi na my gekyk en Cara en Hanke het lekker met my gespeel!
My Pappa gaan Saterdag baie ver met 'n vliegtuig (ek ken dit mos) - hy gaan Portugal toe! Ek hoop maar nie ons verlang te veel nie ...
Ek sal weer met julle praat voor Pappa weggaan! Baie lief vir julle almal - ek gaan nou eers gebad word!
Francois
xxxxxxxxxx

Sunday, April 5, 2009

More is ek 10 Weke


Hallo Almal

More word ek tien wekies oud. Pappa is baie bly want hulle se op 12 weke is die koliek verby. Ek moet darem se ek het nie meer so seer nie. Die krampies is baie beter en Mamma se ek is omtrent 95% beter. Ek weet nie - ek weet net ek voel baie beter!









Ek kan nie glo ek is al tien wekies oud! Hier is fotos van toe ek agt wekies oud was. Pappa het ook foto's van my geneem toe ek twee maande oud was. Pappa wil dit in 'n baie mooi raam sit wat iemand vir my gegee het.



Mamma hou baie van hierdie hempie. Ek weet ek is baie mooier as Pappa, Pappa se self so!!



Ek was baie besig verlede naweek! Pappa en Mamma het my na tannie Petro se verjaarsdag gevat. Almal wou my net graag vashou.






Tannie Suzaan het van ons almal 'n foto geneem. Ek het lekker met tannie Karin en tannie Libre gespeel. Ek was eers baie bang vir tannie Libre, want sy het pienk hare gehad! Pappa het vir haar gese hy het nie gedink pienk eyes steek jou hare ook aan nie. Ek weet nie wat dit beteken nie maar Pappa het gese tannie Libre was siek so paar dae terug. Ek hoop haar magie was nie so seer so myne nie...


Pappa het vir tannie Suzaan gevra om van my 'n foto te neem as ek smile. Pappa kon dit nog nooit reg kry nie!! Tannie Suzaan was baie oulik en het die foto hieronder van my geneem. Ek dink ook ek lyk pragtig op die foto!!
Sondag voor ons na Oupa en Ouma gevlieg het, het Her (hy't gese ek mag hom nie oom noem al is hy Pappa se broer) vir my kom kuier! Hy het vir my baie presente gebring. Ek dink ek gaan baie van hom hou. Hy het vir my 'n POOPERMAN hempie gegee - ek het dit sommer gou ingelyf!! Mamma moes toe maar vir my weer nuwe klere aantrek. Ek dink Pappa het my doek nie lekker aangetrek nie.

Hier is ek en Her. Sjoe ek het gedog Pappa is grys maar Her het niks hare! Hy's seker baie ouer as Pappa!!! Ek gaan seker die eerste Joubert-man wees wat hare het - en met 'n kleur!




Maandag 30 Maart het ons toe uiteindelik by die lughawe uitgekom. Ek het moes vroeer vir julle gese dit is waar vliegtuie bymekaar kom. Pappa het vir ons kaartjies gekoop om na Oupa en Ouma te gaan. Ek was baie bang!! Mamma was ook; sy het baie mooi na my gekyk. Sy was so besig om na my om te sien dat sy nie foto's geneem het van my eerste keer op die lughawe nie. Dit was nogal lekker om te vlieg. Dit was net baie lank. Mamma het later vir my gese dat die vliegtuig laat was. Ons het eers 1 uur later opgestyg. Ek was baie soet en het geslaap vandat ons gery het by die huis tot ons by Ouma-hulle gekom het. Ek was baie moeg. Ek dink nie Mamma kon slaap nie - sy het baie moeg gelyk toe ons die aand gaan le het!!
Pappa het toe Donderdag deurgery. Hy se hy het van 4 uur die oggend to 16H30 die middag gery. Ek het nie geweet hoe lank dit is nie - Pappa se toe dit is omtrent 5 bottels vir my. Ek het hom baie jammer gekry. Ek was so bly om hom te sien dat ek heelaand met hom gespeel het. Ek dink Mamma was baie bly om bietjie te kon rus. Pappa se ek het sommer groot geword die drie dae wat hy my nie gesien het nie. Ek dink hy het sommer net vergeet hoe ek lyk.



Saterdagmiddag het my oom en tannie van Vishoek ook vir my kom kuier. Dit is Mamma se broer. Ashley kyk baie mooi na my - dit is Hein (Mamma se broer) se vrou! Hier sit ek by my niggie Lindsey - sy hou my lekker vas! Sy't vir my 'n baie mooi serpie gebrei en die Springbokhempie gegee - ek is baie lief vir haar! Ek dink sy moet maar by ons kom bly - dan kan sy elke aand met my speel.
Ons gaan die week na die KKNK kyk - ek weet nie wat dit is nie maar dit klink lekker. Mamma was vandag al daar maar Pappa en ek het by die huis gebly. Ek is baie lief vir my Pappa!!
Praat gou weer!!!
Liefies
Francois