Sunday, May 31, 2009

Ek's vier MAANDE

Hi Almal

Hierdie was 'n baie groot week vir my!! Dinsdag 26 Mei 2009 was ek vier maande oud. Dit was 'n baie groot dag. Mamma het gedink dit is 'n oulike idee om my te laat inent op my vermaanding! Ek het nie gedink dit is snaaks nie.


Ek het lekker in Pappa se arms gele en slaap. Die suster het my eers geweeg en gemeet, en net toe ek dink dit is verby druk die mislike vrou 'n naald so lank soos my hand in my been in! Hulle was wraggies verbaas toe ek begin skreeu(maar dadelik opgehou ook)!! Wat dink die mense wat die goed maak? Weet hulle nie babatjies het dun beentjies nie! Gelukkig was Pappa daar en hy het my styf vasgehou!! Ek was 6,05kg en is nou al 64cm lank!

Pappa was baie bekommerd oor my oe!! Oupa is mos blind en Pappa wil nie 'n kans vat nie. Pappa het gesien my linkerogie se pupil is groter as my regter een!
Mamma moes dadelik, op Pappa se aandrang, vir my dokter toe vat! Die pediee.. pediat.. ag man die dokters wat met kinders werk, het gese dit is niks maar Mamma moes my maar na 'n oogaarts toe neem. Hulle het dit toe ook gereel vir my verjaarsdag! Die dokter (al my dokters so ver was tannies) het snaakse druppels in my oe gegooi! Dit was nie lekker want dit maak dat jou pupille nie kan saamtrek, dan druk sy so 'n stuk yster in my oe dat ek dit nie kan knip! Plaas vra hulle net ek moet my oe oophou!! Ek het lekker geskreeu, Pappa moes my in 'n kombersie toedraai en baie styf vashou, anders sou ek begin loop het om te kan weg kom! Sy het darem vir mamma hulle gese alles is ok en dat hulle my eers oor twee jaar weer moet terugbring. Ek dink Pappa is bietjie para.. parano.. , ag oorbeskermend!
Dit was regtig nie 'n lekker vermaanding nie!
Mamma begin die week te werk(1 Junie). Hier is ek saam met Maria. Sy gaan na my kyk terwyl Mamma in die dag werk! Pappa se hulle wil nie he Mamma moet werk, maar iemand moet geldjies maak om my melkies te kan koop!

Soos julle kan sien het Mamma my baie mooi aangetrek op my vermaanding! Sy het seker geweet ek gaan baie seerkry en wou my darem vir 'n rukkie laat goedvoel het!


Hierdie mooi kleertjies het ons buurtannie,tannie Alta vir my gegee. Julle onthou mos sy werk in Dubai! Ek was nog nie daar maar dit is baie ver. Pappa se ek kan nie daarheen ry met Mamma se kar nie maar as ek vir 'n halwe dag kan stilsit in 'n vliegtuig kan ek daar kom! Mamma en Pappa se hulle mis haar baie! Ek hoop sy stuur vir my 'n boodskap op die blog!


Mamma wou my nie neersit vandag nie. Sy het my baie styf vasgehou en heeltyd vir my gese hoe lief sy my het. Mamma het ook vir my baie liefies gegee!! Hierdie foto'tjie is maar net om vir julle te wys hoe mooi en groot ek is. Pappa se dit is goed om 'n goeie selfbeeld te he so ek kan maar se ek's mooi!!


Hier sit ek vir die eerstekeer in my JEEP pram sonder die piccalo! Ek dink ek is nog te klein om so te ry. Ek voel glad nie veilig nie.
Pappa se ek is nou vrek oulik. Ek lag heeltyd vir Pappa, ek dink my Pappa is dalk 'n hanswors - ek weet nie regtig wat se werk hy doen nie! Ek le al lekker op my maag en speel en gesels al lekker met Mamma en Pappa! Ek het besluit om minder te huil. Ek kon sien Mamma raak baie bekommerd as ek so die heeltyd huil!! Nou huil ek net 'n bietjie as ek baie moeg is, maar nog met Pappa en Mamma wil kuier!! Ek drink ook al amper 90ml op 'n slag! Ja ek weet ek moet eintlik al 210ml op 'n keer drink, maar ek kan nie help my magie is so klein nie!! Pappa se ons moet nie worry so lank ek gewig optel en vuil doeke het is dit ok! My Pappa is darem so slim !!



My Ouma en Oupa van Klersdorp was hier vandag! Dit is my Oupa wat blind is, dis hoekom hy 'n donkerbril op het. Hulle het baie lekker met my gespeel! Ek hoop hulle kom kuier gou weer!


Mamma is baie lief vir my! As julle mooi kyk sal julle in haar oe sien dat sy my glad nie wil alleen los en gaan werk nie. Pappa voel baie sleg dat Mamma moet gaan werk! Pappa se hulle is albei baie lief vir my, maar ongelukkig moet Mamma nou eers terug gaan werk toe. Ek weet ek gaan ok wees want Maria kyk baie goed na my! Ek slaap tog elkgeval omtrent 4 ure deur die dag so ek gaan net vir 4 ure haar nie sien nie! Sjoe ek's baie lief vir Mamma!
Ek moet nou eers gaan bad! Mamma trippel al hier rond maar ek het gese ek moet eers vir julle skryf!
Liefies julle!!!
FRANCOIS









Friday, May 8, 2009

Ek's 'n MODEL!!!


Pappa is uiteindelik terug van Portugal! Ek het hom so baie gemis!! Pappa het darem so nou en dan met my oor die foon gepraat - ek kan net skryf maar nog nie praat soos grootmense nie - so ek het baie geskop en beweeg as ek sy stem hoor. Pappa het eers gister teruggekom!!

Sjoe Mamma en Pappa het altyd vir my gese ek's pragtig maar nou moet ek se ek stem saam met hulle. Mamma se maatjie het hierdie mooi foto's van my en Mamma geneem!! Pappa moes maar vir ons wag op die lughawe tot ons klaar was! Ek en Mamma moes hom gaan oplaai het.


Almal het vir Pappa gese ek gaan huil as ek hom sien - ek het probeer wakker bly, maar dit was so lekker om so ver te ry dat ek aan die slaap geraak het! Toe ek weer kyk, sien ek my Pappa daar. Ek het eers gedink ek droom, maar later besef dit is regtig my Pappa!!! Toe lag ek lekker vir hom!
















Pappa se hierdie is my mooiste foto. Hy gaan dit laat groot maak en in sy kantoor opsit!! Die wit goed wat om my is, is volstruisvere, ek weet, want ek het sulke groot voels in Oudtshoorn (waar my Ouma en Oupa bly) gesien met sulke mooi vere aan.

Mamma se sy weet nie wat Pappa doen nie, maar elke keer as hy weggaan kom hy siek terug. Pappa was vandag dokter toe - hy wil my nie siek maak!! Hy kan ook nie vanaand na my kyk nie!! Pappa se hy wil graag vir Mamma laat rus maar my gesondheid is belangriker!!




















Pappa en Mamma het besluit om my te doop op 5 Julie 2009. Julle onthou mos ek het al geskryf wat doop is! Ek moet se my Mamma is pragtig!! Ek kan nie glo Mamma moet al amper weer gaan werk nie ...

Liefies julle almal

FRANCOIS