HALLO JULLE
Ek het nie foto's vanaand nie, maar groot nuus! Mamma het my gister na Tannie Daleen (my Pediaa...) gevat. Ek weeg 7.35kg. Ek's 68cm lank en my kop is 43cm in omtrek. Dit beteken ek groei mooi en Pappa se ek gaan so slim soos Mamma wees. Ek is amper halfpad so lank soos Mamma en maar net 6 maande oud. (Mamma is maar 156cm lank.)
Die ander groot nuus: my eerste tand kom deur! Tannie Daleen het dit vir Mamma gewys, maar voor sy dit vir Pappa kon se, het hy dit self gesien. Mamma se net sy druk nie haar vingers in my mond dat ek siek word nie.
Lief julle almal, lekker aand.
FRANCOIS
Wednesday, July 29, 2009
Monday, July 20, 2009
Ek word Gedoop
Sjoe dit is al amper weer vier weke vandat ek gedoop is. Pappa was ongelukkig siek vir die laaste maand met griep, so hy kon my nie vroeer help om vir julle te skryf nie.
Pappa wou vir my 'n Harley hempie koop vir die doop, maar Mamma het gese nee. Ek is toe maar in Tannie Edna van Springbok se kleertjies gedoop. Moet se ek het baie, baie mooi gelyk!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhnSvd0x14cNXzk2F4quztbC-SaPFwLVyHi3LwPijFfjVPz_9o2u_Hq5ZwLTBqolNvY7u6NbgXLICKPwfRAuBmVve14sCXGpB-MyAAF00-chqfDI7rNJxDCNwjIvg0aSGvr8kyAw_2yPncG/s320/04+Jul+09+050.jpg)
Prof Adrio - ek se sommer oom - het 'n baie mooi diens gehou!
Oom Adrio het sommer die hele diens in Engels gedoen - vir ons Kiwi bure wat nie Afrikaans verstaan nie!! Tannie Elona, Oom Ben, Martinique en Nardus het al die pad van Bloemfontein gery om by my doop te wees. Hulle het vir my 'n vreeslike groot soft toy hondjie gegee. Hy is omtrent tweekeer so groot soos ek. Ek le lekker by hom in my kot. Pappa het hom sommer Martinique gedoop!
Lindsey, my Niggie van Vishoek, het my aangegee. Sy was baie bekommerd dat Ouma Polla my nie vir haar sal gee nie. Sy't spesiaal van Vishoek gekom om my te kan dra by die doop. Dit was baie lekker. Pappa en Mamma het belowe om my vir God groot te maak. Pappa het vir my gebid, sy stem het so bietjie gebreek toe hy begin bid het, maar dit was maar seker omdat hy siek was.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiOo62BFaY32-kMuS7Ns1OlCJs_Pyfo2m9_vrPpVyDfvDZjiaJ-1vqIzcNXzfFyFXQq4f6gxv1ZzQQvHc2npPztrgYQ_408p46oSObsygydHVSvnKrNMumoSF1GVtiBuKPn-YoekZ_jNy3G/s320/04+Jul+09+029.jpg)
Hier was soveel mense by ons huis na die doop. Pappa se dit was omtrent 54. Die groter kinders kon lekker speel, Pappa het vir hulle 'n springkasteel gehuur. Hulle het ook elkeen sulke sakkies met lekkers in gekry. Pappa se ek kan eers lekkers eet as ek vier is. Dit is nog baie ver. Hy se dit is baie overrated - ek weet nie wat dit beteken nie.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgzLI-1gUo4y6k-EFuiIcl_PxPe7uvF14AkeeRZd2XUcK2YIAu3-_zpv6hxQ0oxGZKYV3VwWJQZwMAs6x5G9wqh_lxH0eda6t1fg195ORpqsqipxZ05iZ8FBoqOhUYnAICp5ery5rXHl6BJ/s320/04+Jul+09+088.jpg)
Ouma Essie en Oupa Johan van Oudtshoorn het saam met Lindsey gevlieg en 'n hele week by ons gekuier! Dit was heerlik! Hulle het elke dag met my gespeel - dan kon Maria lekker vroeg huis toe gaan, want hier is mos mense wat na my kyk!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjf-Dd2DCkLTCBHA1Gq88xH8hadVRADhyvs0fFV124vmyJH11Nq5rWD01JAVaHXk40zoXl7xFgGu_BdbkURsiw94lkaXlvv0QUPyzXDToDZeR_PpF7_Dp7dDnE5mZd0t0W7PVwdyy2HrEsg/s320/100_0980.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjf-Dd2DCkLTCBHA1Gq88xH8hadVRADhyvs0fFV124vmyJH11Nq5rWD01JAVaHXk40zoXl7xFgGu_BdbkURsiw94lkaXlvv0QUPyzXDToDZeR_PpF7_Dp7dDnE5mZd0t0W7PVwdyy2HrEsg/s320/100_0980.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgrPMmWj0mqOHphtvpIm2Q8pRNtvJF1y03wUun-GHYlM2jMMBfDV7cZDOtIjFK8qkMLBwAf7ex_j2ol3S6cpxDrgIVhLa7ukK69leAb4B6KsfUIjACZ_gFVq_OTTu3TekoRjKgouOKk9WIG/s320/04+Jul+09+082.jpg)
Die tannie wat hier regop staan, is tannie Petro, sy het sulke mooi cupcakes vir my gemaak. Almal baklei altyd om die tannie se cupcakes te eet.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjL7BOA6xP0Ii1kPvLm8P1ydZC6Hf5BpzEdTKUrzU-mZOBR80Z1GPZQ_E_1iP-zY85VkoXYZyAwRGxPB_lF1_cXKAjTCiYcRQN89_lXBB9AK1S7_0A35LWL1s36QtY5edrethCW8vHclG13/s320/04+Jul+09+052.jpg)
Hierdie seuntjie is Marco - tannie Petro en oom Eduard se seuntjie. Dit was sy agste verjaarsdag op my doop! Hy het spesiaal die dag met my gedeel en sy partytjie later gehou. Ek dink dis baie "cool" van hom!
Ek was so bevoorreg om baie geskenkies op my doopdag te kry! Weereens baie dankie aan almal wat ietsie vir my gegee het. Ek het altesame 7 Bybels gekry - en almal is verskillend. Mamma lees al klaar vir my saans daaruit!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgiROBd70wVXf-W_Br3-Rjt3ny6nyMVASSV5zgIGOY-Ay5i6eDvRkljTYYsKKtip18PnRM3t6qOiglEvsszwQYg4oM2eqkb0vzuFCsOOkQYjehjclP7qgj2p1VRGfpDdpjLBcvd915oMxTN/s320/04+Jul+09+049.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjh32RrInwdscUMHrvxeUh58WyJVVc9BcfL_RUMAVDSr6Pf-feo5D25OnuXTCEGbABjxtjIc9vBMehisvH1RMlVsg4YiRhzAu0eIpQ-d65lOo_wV5cPffhsDKUfuALntoWozyudB-2mU75d/s320/04+Jul+09+042.jpg)
Ons Selgroep se kinders het vreeslik mooi vir my gesing. Ek weet ons gaan sommer lekker speel as ek eers 'n bietjie groter is.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhC33Z4fGrZRQ_qNKqs3Nzi7ZHzRq6FD9Oe1dxVtftY3nOiUpvqb0vozWEJmsoE8bpR7mOki5EAp-n401aFW-3qXQzFeSxOhk54eZ81wMoFD_Xe3-mkRdCVNov_a4C6EO2QnmROZjGRCSVM/s320/04+Jul+09+024.jpg)
PS: Vandag is my sesde vermaanding. Ek weeg nou al 7.1kg. Pappa en Mamma kan nie glo ek het so vinnig groot geraak nie. Ingrid en Anton van Somerset Wes het vandag my vermaanding met my gevier. Pappa se hy sal later fotos daarvan laai. Pappa het vandag probeer om vir my tuisgemaakte butternut te gee. Ek het amper opgegooi. Pappa se mense wat vir Mamma goed ken sal presies weet hoe ek gemaak het.
Lief Julle almal
FRANCOIS
Subscribe to:
Posts (Atom)