Thursday, September 10, 2009
Tuesday, September 8, 2009
My Eerste Tandeborsel sessie
Hallo Julle!
Sjoe, maar ek het 'n besige week gehad! Mamma het vir my 'n stel tandeborsels gekoop - ja man, julle onthou mos ek het al twee tandjies. Hier sien julle my eerste probeerslag daarmee! Ek moet se ek het aanvanklik baie gegril. Ek het my gesiggie maar baie getrek en (nes Mamma) myself naargemaak. Julle weet mos dat ek, Mamma, Lindsey en Ingrid maak so Eaaw, Eaaw en gooi amper op. O Ja Ashley maak ook so veral as Pammy (dis ons kat) in Hein se kar poef!!
My Tandjies voel nou sommer beter!!
Mamma is regtig baie lief vir my. As sy in die middag by die huis kom, mag ek op haar magie slaap. Dit is so lekker!! Ek wil nou glad nie meer in die middag slaap tot Mamma hier is nie.
Pappa kyk deesdae baie mooi na my in die aande. Hy se Mamma is baie moeg gewerk elke dag en hy sal eerder dat sy bietjie rus!! Pappa het agter gekom dat ek baie beter drink as hy my in die nag optel voor hy my, my bottel gee. Hy hou my styf vas en sit dan die bottel 'n paar keer terug in
my mond tot dit op is. Ek is ook baie lief vir Pappa!!
Julle kan mos sien hoe lekker le ek hier. Mamma raak dan sommer ook partykeer saam met my aan die slaap!
Tannie Lizel het vir my, my eerste biltong gegee! Ek het nie geweet wat dit is nie, maar Pappa het verduidelik dat dit gedroogde kossies is. Hy se hy sal my wys as ek bietjie groter is. Dit was nogal lekker, maar proe snaaks. Pappa se dit gaan nog my gunsteling word!
O Ja ons was ook weer op die lughawe Sondag oggend! Ons het vir tannie Karin en oom Floris gaan groet. Hulle het my nog nie gesien nie maar tannie Karin skryf darem so nou en dan vir my!!
Oom Anton het lekker met my gespeel. Ek hoop hy kom gou weer kuier! Tannie Ingrid gaan alweer Kaap toe later die week vir 'n rukkie. Ek is so bly ek het nou familie hier naby in Gauteng!!
Pappa het hierdie geneem net om te wys ek's baie slap!
Pappa se ek gaan oor twee weke begin kruip! Ek kruip al reeds op my ruggie. Ek le so lekker op my ruggie en stoot myself dan op! Dit is nogal lekker om te kan beweeg!!

Sondag het Ingrid en Anton by ons kom braai. DIt was vrek warm! Mamma het my sommer op die gras kom bad. Ek was bietjie deurmekaar, want dit was nog voor ek op haar magie kon slaap (In die middag), en ons het nie in my kamer gebad nie! Dit was ook in so 'n snaakse vorm groen badjie!!
Mamma het ook vir my so 'n snaakse broekie aangetrek. Mamma het later verduidelik dat dit swem genoem word en dat die broekie ('n geskenkie van Tannie Carina) 'n swembroek genoem word! Mamma het sommer vir my baie
speelgoedjies gebring en het het lekker lank buite geswem. Hulle het goed aan my gespuit sodat die son my blykbaar nie seer kan brand nie en die swembadjie was onder 'n groot sambreel in die koelte ... (dis vir Ouma en Oupa om te weet ek sal nie rooi brand nie)
O Ja ons was ook weer op die lughawe Sondag oggend! Ons het vir tannie Karin en oom Floris gaan groet. Hulle het my nog nie gesien nie maar tannie Karin skryf darem so nou en dan vir my!!
Dit was baie lekker om hulle te sien. Hulle bly in die Paarl waar wyn vandaan kom!
Oom Anton het lekker met my gespeel. Ek hoop hy kom gou weer kuier! Tannie Ingrid gaan alweer Kaap toe later die week vir 'n rukkie. Ek is so bly ek het nou familie hier naby in Gauteng!!
Pappa het hierdie geneem net om te wys ek's baie slap!
Pappa se ek gaan oor twee weke begin kruip! Ek kruip al reeds op my ruggie. Ek le so lekker op my ruggie en stoot myself dan op! Dit is nogal lekker om te kan beweeg!!
Julle moet lekker bly.
Liefies julle
FRANCOIS
Subscribe to:
Posts (Atom)