Hallo Almal!
Hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal! Met my gaan dit "hunky-dorey" - ek raak groot en raak net meer bedrywig elke dag!
My Pappa het verlede Woensdag nog 'n keer vir 'n operasie gegaan - hierdie keer vir sy regterhand. Foeitog, hy het geval toe hy by die huis kom al die pad van ons trappe af tot onder, nou is sy rug seerder as die hand wat die operasie gekry het ... Ek is deesdae 'n regte Daddy's Boy - ek los hom nie vir 'n oomblik uit nie! Hy sukkel maar om my op te tel en kos te gee en allerhande ander goeters te doen, maar hy kry dit reg!
Ons was die langnaweek in Augustus na 'n baie lekker plek! Daar is 'n kammakastige see - vir my lyk dit nes die regte see. Hulle noem dit die Valley of the Waves by Sun City. Sjoe, dit was lekker!! My Mamma kon my net nie uit die water kry nie - dit was yskoud, maar heerlik om in te baljaar! Nou kan ek nie wag vir die einde van die jaar wanneer my mamma en pappa met vakansie is en ons see toe kan gaan nie!!!!
My ouma en oupa van Klerksdorp was die naweek by ons. Dit was lekker om hulle weer te sien - ek dink hulle was verstom om te sien hoe groot ek nou al is en wat ek alles kan doen vandat hulle my laas gesien het. My ouma het 'n klomp malvapoedings gemaak en vleispasteitjies vir as my mamma laat by die huis kom en moeg is vir kosmaak!
Ek gaan nou eers groet, wou net gou dag se. Dis my pappa se verjaarsdag Saterdag!!!!!!
Baie liefdetjies
Francois
xxxxxxx
Monday, August 23, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)