My pappa het nou 'n klomp foto's opgelaai, so geniet dit!
My hare is verlede week weer gesny - ek is nou 'n regte seuntjie. Ek het maar weer geskreeu soos 'n maer varkie, maar die keer het my pappa daar aangekom en my vasgehou, toe klou ek tjoepstil aan hom vas tot die vrou klaar is. Ek lyk cute, ne?
Ons het vandag (22 Okt) 'n familiedag by my pappa se werk gehad en dit was HEERLIK!!! Ek het van 'n BAIE hoe glyplank met water op gegly saam my pappa (ek was die kleintste seuntjie wat dit wou doen)! Verder het ek op 'n mallemeule gery en 'n klomp ander goeters ook.
Hierdie foto het ingeglip en is 'n rukkie terug geneem op ons golfbaan. Ek dink ek gaan vir Ernie 'n ding of 2 leer oor 'n paar jaar!
Hier ry ek op die treintjie! Ek het stil gesit vir 'n rukkie, dan weer opgespring en wou uitklim, dan sit ek weer stil en so het dit maar aangegaan!
Ek het heerlik op die springkasteel gespring - aan die een kant was daar balle ook! Ek is goed met die springery - ek het 'n trampolien by die huis en ek spring elke dag saam Maria daarop!
Hier is ek in die Bubble-kasteel. Hierdie dogtertjie het sommer baie van my gehou en my gehelp as ek dalk gly.
Die foto is van my en mamma in 'n groot blou bal bo-op 'n swembad vol water! Ek wou so graag hierin gaan, maar dit raak bietjie warm na 'n rukkie, hoor? Toe moes ons maar weer uitklim om kans te gee vir iemand anders!
Kyk net hoe ougat lyk ek met my kort hare!!
Hier is my hare net voor ons na die haarkapper is! My hare was eintlik stunning so lank, maar ek kry bietjie warm so met die lang hare - ek sweet BAIE op my kop!
Sien julle hierdie mooi meisie by my in die badkamer? Haar naam is Martinique en dis 'n maatjie van my! Sy is van Bloemfontein en het saam haar mamma en pappa verlede naweek by ons geslaap. Sjoe, sy is verskriklik mooi en het lekker met my gespeel! Ek is so jammer sy het klaar 'n boyfriend, maar ek kan steeds probeer ...
Hier speel ek bo-op my dolfyntjie, Dollie. Ek ry te lekker op haar - sy is 'n opblaasdolfyntjie.
Ek sit en speel hier met my draadkar-trekker. Dis 'n blou Ford trekker en julle sal nie glo nie, maar 'n wildvreemde tannie het dit vir my by Aardklop gekoop! Sy het gesien hoe lekker speel ek daarmee en toe my mamma dit wou teruggee vir die man by die stalletjie, toe se hy die tannie het dit klaar vir my betaal en gegee! Sjoe, 'n mens kry nog oulike, goeie mense!
Hier is ek saam met Pappa se sussie, tannie Charlene, haar man, oom Ian, en my een nefie, Armand. Ek het hulle nog net een keer voor hierdie dag gesien en was baie bly om hulle weer te sien!
Hierdie is eintlik 'n baie stout foto van my! Ek het 'n slukkie bier geneem ... Ons was saam met ons selgroep by die Botaniese Tuine in Pretoria vir 'n piekniek!
Na die biertjie het ek maar liewers gehou by vrugtesappies - Hanke het met my gedeel. (Sy is net so pragtige meisietjie!!)
Nou ja julle almal, pas vir julle mooi op en skryf vir my 'n briefie asb!!!
Lief vir julle!
Francois
xxxxxxxx