Sunday, December 5, 2010

Ons Seevakansie






















Hallo Julle Almal

Jammer vir almal wat so lank wag om my fotos te sien. Pappa kon nie die passwoord onthou van my BLOG! Pappa is al amper veertig en dit lyk my mens vergeet maar goed hoe ouer jy word! Pappa se dit is nie waar nie - daar moes iets anders fout gewees het.

Ek het so lekker vakansie gehou!!! Ons was by Hartenbos naby Mosselbaai! My Mamma en Pappa was vir 'n hele 2 wekies net by my elke dag! Ons het geswem, gestap, fietsie gery, sandkastele gebou, gerus (OK, my Mamma en Pappa wou graag ...), gespeel, met volstruisies gespeel, vir dassies chippies gegee (rerig), vir bokkies en skape mielies gevoer, ag noem dit maar - ons het dit gedoen!

Ek belowe my Pappa sal later 'n klompie foto's oplaai, maar vir eers is ek so bly hy kan weer op hierdie blog werk!!

O ja, ek het bo-op 'n skilpad gaan sit wat Pappa gered het uit die kanaal op oom Frans se plaas! Ek het ook in 'n akwarium (groot woord, ne?) 'n klompie haaie en ander vissies gesien! Ek praat sommer nou al 'n klompie woorde na hierdie vakansie. Ek was ook saam met my ouma en oupa na 'n plek met regte kamele en ganse en 'n klompie ander diertjies - julle sal foto's sien later!

Lief vir julle!
Francois
xxxxxxx