Sjoe,ek verlang na julle almal! Daar het SOVEEL dinge gebeur van my pappa en mamma laas getik het,so die foto's begin van oud (Maart) tot nuut - vandag by die koeiplaas!!
Ons het saam ons Kerk by die Dieretuin gaan kamp een aand. Hier is ek saam Nathalie in haar tent. Dit was vet pret; ons het 'n nagmars gedoen en Baie diere gesien (bietjie moeilik om foto's in die aand te neem), maar toe begin dit donderweer en sous deur die nag!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhY_PjG_k_gM1sP4FEf06snpPZm6tz2bgPIuscVYkAJi_7WVAnSVESXfXXlP4f10_w1Jj7fdRoqr9hgTd96_ISDTBJkeiiOmgHQ1Nugx8jTuk1r6YcWoHf56XZu2N1-r8g0shhK94HPwI7n/s320/05042011%2528001%2529.jpg)
In April het die mangelmonster my mangels uitgehaal in die hospitaal. Dit was vreemd om in 'n teater te kom en ek het eintlik niks daarvan gehou nie. Die dokter se "jy gaan nou vlieg",maar ek skreeu soos 'n maer vark om nie daardie maskertjie voor my mond te kry nie! Dit was maar baie eina ............. en toe besluit ek............... dis te seer om te sluk, so toe hou ek vir meer as 'n week op om te eet of te drink.......
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjhyphenhyphenRhObfDUwJxvU2TCo9DBininAuPj2Z0fNae9DyEzyZL-79CJNdC5rtOAsoZ7Yne0zcV8gYzkLu7iYUSeIec6PgwAII4rJdHrTGCKvFccZ06ERv0RxdJuBDaESWO6Lauwc-sA-A_zrO8q/s320/12042011%2528001%2529.jpg)
En daar beland ek toe vir 'n week terug in daardie goor plek! Gedehidreerd en brandmaer! My mamma mag ook nie die eerste aand by my geslaap het nie, so ek weet nie wie die meeste trane gehuil het: ek of sy nie!! Dit gaan darem nou baie beter. Sien julle hoe het ek op my dripstand gery? Hulle het enige iets gedoen om 'n smile uit my te kry, maar verniet ...
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjwJ_8cKBRqPZJd8liPna1h28qHFebPaqo8FaWDefZISXyLsvvmpiGyb5xlRwVDD5lxIKKSZ0l57NnkvGYbRoyG37BQAmHczEAjwxra1GPQIRkG5qaB6ztPtxXXinlTdrygZXB4-ssfkmDw/s320/13052011.jpg)
Nou ja, en toe gaan maak my pappa marakkas op Moedersdag! Hy was by 'n kongres in Naboomspruit en gaan ry bergfiets (soos elke naweek) - daar bars die voorwiel toe hy 'n "ramp" vat op pad afdraende - en hy maak HARD kennis met die aarde! Hy was tot vir 5 dae in ICU!! Sy skapula en 'n klompie ribbes het gebreek en toe val sy long plat! Ons se vir Liewe Jesus heeltyd dankie dat Pappa nog lewe! Hy het nog steeds baie eina en kan steeds nie gaan werk nie.
Na my eie hospitaalepisode (en voor Pappa s'n) was ons heerlik vir 'n week Hartenbos toe (met die vliegtuig)!!
My oupa Johan en ouma Essie het ook bietjie kom kuier; en oom Hein, Tannie Ashley en my niggie Lindsey het ook vir 'n dag kom kuier!!! My oom het vir my 'n Aircraft carrier boot met 6 vliegtuigies present gegee! Dis nou 'n cool speelding, hoor?
Hier's sommer 'n paar foto's van die familie - kyk net vir Kita op Ouma se skoot.
Ons het so ver op die strand gestap - my oupa het hier liewers nie saamgestap - hy moes my dra op sy nek die vorige keer en ek dink sy rug was af! Kyk met die opdraende hoe agter is Ouma en Ashley!! Hulle asems het geblaas, hoor?
Ek het sowaar leer roomys eet - nou weet ek wat ek altyd gemis het! Tannie Ashley het my ook geleer appel eet - dis blykbaar baie gesond!
Tannie Elona en oom Ben van Bloemfontein het die laaste aand vir ons kom hallo se. Hier sit ek by Marthanique, hul dogter, en 2 maatjies van haar. Sy is al op ouer foto's saam my - sy is eintlik my skelm girlfriend!
Die laaste foto's is almal op die Koeiplaas hier by Irene geneem vanmiddag. Ek is mal daaroor om daar te gaan speel! Daar is kalfies en hoenders en eende en ganse en tot swart swane (die een wou my hap vanmiddag!) My mamma hou op werk Dinsdag - sy gaan nou 'n Huismamma wees vir my. Sy het my belowe ons kan nou sommer baie meer na die koeiplaas gaan - jippie!!!!!!!!