Sunday, February 20, 2011

Februarie 2011


Hallo Julle Almal!


Dit gaan sommer baie goed met my! Ek raak groot, maar ek eet al hoe minder ... My mamma raak gryser by die dag oordat ek nie wil eet nie. Selfs Maria is nou al bekommerd en sukkel haar lam om iets in my te kry. Maar as ek besluit ek wil nie eet nie, dan doen ek dit nie!


Ons was vandag by 'n parkie of speelterrein of wat mens dit ookal noem in Rooihuiskraal. Daar is 'n klomp diere - konyntjies veral! Het ek julle



al vertel dat daar 'n konyntjie onder ons Wendy-huisie bly? Hy het weggeloop by sy mense en nou bly hy by ons! Hy is eintlik al baie makker en die katte jaag hom ook nie.






By die plek waar ons was is reuse skilpaaie, eende, kraanvoels!!, koeie, skape, volstruise (dit ken ek nou al goed), eekhorinkies en nog ander diere!










Ek het selfs kossies vir die Pappa-Rendier gegee! Hy het lekker by my geeet, maar wou nie speel nie. Hy wou my jaag met sy groot horings! My pappa se hierdie bokke is eintlik nie van Suid-Afrika nie, maar hulle is baie mooi vir my. Hulle trek Kersvader se slee!







Ek hou nogal van 'n telefoon. Ek tel dit gereeld op en maak asof ek met my oumas en oupas praat, maar as hulle rerig met my wil praat, dan se ek niks, ek smile net die heeltyd!










Sjoe, my pappa het vir hom 'n baie mooi fiets gekoop! Hy ry graag oor naweke as hy tyd kry. My fietsie is ook rooi en swart en wit soos syne, maar syne is baie groter!

























Ek is vreeslik lief vir my swaaie - ek wil sommer heeldag swaai (en natuurlik op my trampolien ook spring). Maria swaai my sommer vroeg soggens, en as Mamma smiddae by die huis kom, kry sy ons alweer op die swaaie!



Ek het julle mos vertel ek gee sulke lekker drukkies en soentjies - hier het ek vir Pappa 'n lekker druk gegee terwyl hy goed wou print!


Julle moet asb vir my terugskryf - niemand het laas geantwoord nie en my hartjie is nogal seer ...


Baie lief vir julle!

Francois

xxxxxxx


Sunday, February 6, 2011

My 2de Verjaarsdag!!


Hallo Julle Almal

Ek kan nie glo my mamma en pappa het alweer so lanklaas vir julle getik nie!! Ek vra groot jammer namens hulle!

Hier is foto's van my by ons Kersboom en van my geskenke - dit was so lekker hierdie jaar om dit oop te maak! Ek het baie mooi goedjies gekry!



My Tannie Charlene en oom Ian van Klerksdorp was Kersdag saam ons. Ons het heerlik gekuier

en geswem. Ek hoop rerig ek gaan my nefies hierdie jaar bietjie meer sien. Kyk net hoe het ons Dracula-tande in ons monde gesit! Die grootmense was maar lekker bang vir ons!





Ons het die dag na Kersfees met 'n groot vliegtuig gevlieg - dit was 'n verrassing van Pappa af! Dit vlieg baie hoog en baie vinnig!! Dis die tweede keer wat ek vlieg, maar die vorige keer was ek nog 'n babatjie en kan nie eintlik daarvan onthou nie. Ek het eintlik baie stil gesit in die vliegtuig!







Hier is ek by my oom Hein, tannie Ashley en Lindsey op die lughawe. Dit was BAIE LEKKER om hulle ook weer te sien! Ek het my oom gehelp met teelwerk by die swembad.





Hierdie foto was op my verjaarsdagkoek met my naam en die nommer 2 daarop! Dit was 'n roomyskoek!






Hier is die Woensdagaand, 26 Januarie, op my verjaarsdag.




En hier is dit by my partytjie, die Saterdag daarna. Dit was sommer 'n heerlike dag - 'n Konstruksiepartytjie!! Almal het geel hoedjies gekry om te dra. Ons het springkasteel gespring en geswem en sommer net gejol!












'n Mens kan nogal moeg raak so teen die einde en van al die presente oopmaak ...








Hoop julle het nou al die foto's geniet!! Ek mis vir julle en is so lief vir julle almal! Ek gee my mamma en pappa deesdae die lekkerste drukkies!!!!
Lekker week verder en skryf vir my!
Baie liefdetjies,
Francois
xxxxxxx