Monday, November 17, 2008

Antenatal Classes

Saterdag het ons almal die hele dag geluister na hoe om na babatjies te kyk. My pappa was die enigste een met grys hare. Pappa se hy het nie geweet hoe hulle my moet bad nie en was bly dat hy daar was. Mamma het weer geleer hoe om my te laat eet. Sy wil glo borsvoed. Dit lyk maar 'n bietjie seer. Ek het gisteraand weer vir Mamma lekker wakker gehou. Ek sien sy het al kringe onder haar oe so ek sal maar probeer stil le vanaand al is ek wakker. Gister het 'n oulike oom en tannie met 'n snaakse aksent vir my die oulikste speeldiertjie gegee. Pappa se dit is 'n Kameel van Egipte af. Die oom en tannie het daar gaan kuier. Ek sal vir Pappa vra om vir julle 'n foto op te sit. Vandag is daar nog net 10 weke oor dan gaan 'n ander tannie my uithaal. Ek weet nog nie lekker wat dit beteken nie en hoop dit is nie te seer nie. More word 'n maatjie van my wat ek nog nie gesien het nie ook uitgehaal. Ons gaan glo lekker saam speel. Hulle het 'n swembad.

Thursday, November 13, 2008

Francois 4D Scan


Vandag het Mamma en Pappa my vir die eerste keer rerig gesien. Ek het glo Pappa se neus en lyk soos hy. Mamma sal maar moet wag tot ek uit is voor sy kan sien wat ek van haar geerf het. Miskien is ek ook blas met donker hare - wie weet. Ek skop vir Mamma lekker in die aand en ek en sy gesels lekker hier 2 uur inni oggend. Ek weet nie hoekom sy so kla hieroor ek geniet dit nogal om wakker te wees so vroeg. Die voeltjies begin amper sing en dit is vir my baie mooi. Mamma ry baie deur die dag en klim baie in en uit en ek weet nie hoekom. Ek wens sy wil bietjie rustig raak. Ek sukkel om te groei as sy so baie rondloop. Nou moet ek eers weer gaan slaap. Ons praat more weer. Francois