Thursday, November 13, 2008

Francois 4D Scan


Vandag het Mamma en Pappa my vir die eerste keer rerig gesien. Ek het glo Pappa se neus en lyk soos hy. Mamma sal maar moet wag tot ek uit is voor sy kan sien wat ek van haar geerf het. Miskien is ek ook blas met donker hare - wie weet. Ek skop vir Mamma lekker in die aand en ek en sy gesels lekker hier 2 uur inni oggend. Ek weet nie hoekom sy so kla hieroor ek geniet dit nogal om wakker te wees so vroeg. Die voeltjies begin amper sing en dit is vir my baie mooi. Mamma ry baie deur die dag en klim baie in en uit en ek weet nie hoekom. Ek wens sy wil bietjie rustig raak. Ek sukkel om te groei as sy so baie rondloop. Nou moet ek eers weer gaan slaap. Ons praat more weer. Francois

3 comments:

Karen said...

Hi Francois, jong dis eintlik maar goed dat jy vir mamma so bietjie rondskop. Sy is hopeloos te lief vir slaap en as jy eers uitgehaal is, moet sy alreeds gewoond wees aan min slaap. So tuff - hou maar aan om jou bene sterk te skop, dit kan net goed wees vir jou...Tannie kan nie lekker sien na wie jy lyk nie, maar gelukkig is mamma en pappa gorgeous, so ek kan net dink jy gaan pragtig wees. Jy moet lekker slaap en mooi eet sodat jy sommer 'n bulletjie is....(ek sal vir mamma sê sy moet gesond eet en minder op en af trippel!) liefde tannie Karen hier ver innie Paarl....

LindavB said...

Hallo Francois! Ek kan sien die Coetzee-gene het hierdie keer bietjie uitgemis. Jy is reeds 'n pragtige babatjie. Groei mooi sterk en moenie jou mamma te veel sooibrand gee nie. Sê vir Mamma ek sê baie sterkte en is baie opgewonde oor jou koms. Wanneer sien ons 'n foto van Mamma met haar baba-boepie? - Liefde van Tannie Linda van Bellville

Wilma said...

Hallo Francois, ek is bly mamma en pappa het 'n foto van jou sodat ons almal dit kan sien! Jy moet vir volgende Kersfees 'n rugbybal vra sodat jy solank vir die span kan oefen, hoor. Mamma en pappa moet die laaste maand geniet - ook alles wat jy gaan doen as jy eers uitgekom het. (Jy hoef nie nou die "uitkom" te verstaan nie, dit gebeur sommer net.

Wilma