Friday, December 19, 2008

Al weer dokter toe

Mamma het my alweer gister dokter toe gevat. Tannie Jacquie was baie oulik en het vir Mamma gewys hoe groot ek nou is. Sy se ek weeg nou 2.22Kg. Sy se ek lyk nes Pappa. Sy het vir Mamma-hulle my baie hare gewys en gese dit is baie lank. Ek het al klaar 'n kuif en Pappa se ek het al klaar meer hare as hy.

Mamma rus gelukkig baie en ek kry baie tyd om mooi te groei. Mamma kry baie warm deur die dag en sy se haar rug is baie seer. Ek dink dit is ek wat haar seer maak. Ek voel so nou en dan iets hards as ek my bene probeer reguit maak. Mamma vat baie aan my as ek draai.

Pappa het nou die dag baie geskrik en het Mamma se tas gepak om hospitaal toe te gaan. Hulle se dit is waar hulle my gaan kry. Ek verstaan nie so lekker want ek is dan klaar in Mamma se maag. Die tas staan nou gereed.

1 comment:

Ronél Loubser said...

Update asseblief. Ons wag in spanning. Groete die Loubsers