Pappa is uiteindelik terug van Portugal! Ek het hom so baie gemis!! Pappa het darem so nou en dan met my oor die foon gepraat - ek kan net skryf maar nog nie praat soos grootmense nie - so ek het baie geskop en beweeg as ek sy stem hoor. Pappa het eers gister teruggekom!!
Sjoe Mamma en Pappa het altyd vir my gese ek's pragtig maar nou moet ek se ek stem saam met hulle. Mamma se maatjie het hierdie mooi foto's van my en Mamma geneem!! Pappa moes maar vir ons wag op die lughawe tot ons klaar was! Ek en Mamma moes hom gaan oplaai het.
Almal het vir Pappa gese ek gaan huil as ek hom sien - ek het probeer wakker bly, maar dit was so lekker om so ver te ry dat ek aan die slaap geraak het! Toe ek weer kyk, sien ek my Pappa daar. Ek het eers gedink ek droom, maar later besef dit is regtig my Pappa!!! Toe lag ek lekker vir hom!
Pappa se hierdie is my mooiste foto. Hy gaan dit laat groot maak en in sy kantoor opsit!! Die wit goed wat om my is, is volstruisvere, ek weet, want ek het sulke groot voels in Oudtshoorn (waar my Ouma en Oupa bly) gesien met sulke mooi vere aan.
Mamma se sy weet nie wat Pappa doen nie, maar elke keer as hy weggaan kom hy siek terug. Pappa was vandag dokter toe - hy wil my nie siek maak!! Hy kan ook nie vanaand na my kyk nie!! Pappa se hy wil graag vir Mamma laat rus maar my gesondheid is belangriker!!
Liefies julle almal
FRANCOIS
1 comment:
Sjoe, maar dit is baie mooi foto's van jou en mamma. Ons gesin het ook Saterdag 'n paar foto's laat neem, nou nie naastenby so proffesioneel soos jy en mamma, maar glo daar sal darem 'n mooie (of twee) uitkom. Hoop jy en mamma geniet julle laaste tyd saam voor sy moet begin werk. Dis maar sleg om nie meer heeldag by mamma te wees nie, maar dalk gaan jy nou lekker maatjies maak as jy na 'n dagsorg gaan. Dis darem nie te erg nie. Naweke maak mens maar op vir wat jy in die week gemis het. Groete daar, tannie Ronel
Post a Comment