Monday, June 29, 2009

My Eerste Butternut


Hallo Julle
Ons was die week weer by my fotograaf. Hier is 'n paar van ons foto's. Die eerste twee is waar ek vir die eerste keer BUTTERNUT geeet het. Dit is baie lekkerder as pappies. Mamma se sy gaan volgende week vir my SWEET POTATO gee(die week moet ek nog wortel probeer...). Ek hoop dit is ook lekker.
Nog net 4 slapies dan word ek gedoop! Pappa en Mamma kan nie meer wag nie. Daar kom soveel mense wat almal lief is vir my! Ek weet baie kan nie kom nie, maar hulle is ook lief vir my. My Ouma en Oupa van Oudtshoorn kom Donderdag - hulle bring my oulike niggie van die Kaap, Lindsey, saam! Ons gaan lekker speel!
Ek sal vir julle laat weet hoe dit gegaan het.
Lief Julle
FRANCOIS

































































































Sunday, June 21, 2009

Ek sien my eerste HARLEY!!


Hallo julle almal!!


Hierdie week het dit al baie beter gegaan met die pappies. Maria het my elke oggend gevoer. Sy's dan baie trots as ek alles opeet.
Mamma het my vandag al twee lepeltjies pap ingekry!!





Dit is vrek koud hier! Mamma trek my lekker warm aan elke aand soos op hierdie foto! Partykeer kry ek bietjie warm - maar ek bly maar stil, wil nie he Mamma moet sleg voel nie!!

Gister was 'n groot dag hier. Hulle het 'n Harley-Davidson (Pappa het gehelp met die spelling) advertensie hier gemaak. Dit was die eerstekeer dat ek so iets gesien het. Hulle het op en af in ons straat gery! Een oulike ou het sy motorfiets ekstra geref toe hy my sien. Dit was baie hard en ek het geskrik - toe begin ek huil! Die tweede verby-ry was beter en ek kon nie my oe glo nie! Ek was dadelik verlief op die motorfietse!! Ek het vir Pappa gevra of ons ook so een kan kry, hy't gese ons sal maar 'n Harley fonds stig! Ek dink dit gaan dalk lank wees voor ons een kan kry. Mamma se dit is die enigste motorfiets wat Pappa mag koop. Mens ry mos nie vinnig op die goed nie. Ek wil baie graag een he!!

Hier staan ek en Pappa net na die Harleys die tweede keer verby ons is. Ek's bly Pappa het my dit gaan wys!
Ouma Helga (my Duitse buurtannie-ouma) het Vrydag vir my 'n swaai gebring. Pappa het dit Saterdag opgesit - in die huis!! Dit is so lekker. Ek het vandag daarin geeet en Pappa en Mamma kon saam Vadersdag middagete eet. Ek het amper vergeet - dit is VADERSDAG vandag! Ek is so bly vir my Pappa.
Ons het vir Pappa aftershave en 'n LCD Monitor vir sy werk gekoop! Mamma het my gehelp hiermee. Ek het die beste Pappa!
Lekker week en ek liefies julle almal.
ONTHOU MY DOOP SATERDAG 4 JULIE 2009!! LAAT WEET NET VIR MAMMA EN PAPPA AS JULLE KOM
FRANCOIS

Monday, June 15, 2009

My Eerste Pappies

Hallo julle

Sjoe, maar dit was 'n besige week vir my! Ek word nou mooi groot en doen iets nuut elke dag. Soos julle weet is Mamma terug by die werk en ek bly by Maria in die dag. Pappa se Maria speel net met my en sy kom nie by al haar ander werk uit nie. Hy gee nie om want ek weet hy wil net die beste he vir my! Ek slaap nou elke aand in my beertjie pakkies -soos op die foto!! Pappa se hy wil my net vashou as ek dit aanhet.



Soos julle kan sien - EK IS BAIE LIEF VIR MY PAPPA!! Hier le ons lekker en slaap. Pappa hou baie daarvan om my vas te hou en met my te speel. Hy maak altyd snaakse geluide en praat ook soos Donald Duck!

Mamma het laas Saterdag begin om vir my pap te gee. Pappa het golf gespeel en sy moes maar alleen sukkel. Dit proe niks lekker. Dit voel soos melk wat Mamma verkeerd aangemaak het - nie genoeg water! Ek is darem nou al beter. Hierdie fotos is van die eerste keer wat ek die goed moes eet. Ouma Essie het gese Mamma moet my mond toestop met die dummy, na sy die pap in my mond gesit het!! Pappa was glad nie happy hieroor!!
Soos julle kan sien op die foto's - die goed is SLEG!!
Pappa se ek raak ouliker by die dag. Gisteraand het ek vir die eerstekeer my armpie uitgesteek na Pappa dat hy my moet optel. Hy was tog te bly dat ek hom gekies het!! Ek smile nou aanmekaar en Pappa kan nie ophou kyk na my. Ons gaan Saterdag hopenlik weer mooi foto's laat neem maar die keer gaan Pappa saam!! Julle sal sien volgende week.

Lief julle almal en onthou ons doop op Saterdag, 4 Julie 2009. Dit is glo Independence day in Amerika ver van hier!!

Lief Julle

FRANCOIS








Monday, June 8, 2009

19 Wekies!


Vandag is ek al 19 weke oud!

Sjoe, maar die tyd vlieg. Pappa se hy kan amper nie eers meer onthou hoe dit was toe ek so erg KOLIEK gehad het nie! Let wel amper!!

Gister het ek vir die eerste keer my twee nefies van Klerksdorp ontmoet. Hulle hare is baie wit! Ek dink ons sal lekker op die golfbaan speel as ek groter is! Hier is 'n foto van my met die Crous familie. Die tannie is pappa se sussie!

Mamma het vandag 'n week terug begin werk! Ek mis Mamma baie maar Maria kyk baie mooi na my. Ouma Helga kom kuier ook gereeld!


Maria kom baie vroeg, net na ses in die oggend sodat Mamma en Pappa kan regmaak vir werk. Ek probeer baie stil wees sodat ek nog 'n bietjie by hulle kan wees voor hulle my vir Maria gee. Pappa moes Donderdag en Vrydagaand werk. Ek het al lekker geslaap toe Pappa by die huis kom. Dit was so 'n groot verrassing toe ek twee uur wakker word en Pappa le langs my. Ons het hom baie gemis. Hy se almal by sy werk se ek is pragtig en lyk nes hy. Ek dink Pappa lyk nes ek!!

Mamma het gevra vir hierdie foto! Sy se ek het die mooiste boudjies. Sy se die meisies hou glo daarvan - ek weet darem nie of dit waar is nie!


Ek glimlag nou al baie. Pappa is baie snaaks en ek lag te lekker vir hom. Mamma en Pappa het 'n groot foto van my by die trappe opgesit! Elke keer as Mamma met my verby stap wys sy dit vir my - ek lag dan alte lekker. Mamma het Vrydag begin om my voor so 'n blink ding te sit. Die baba in die ding lyk baie soos ek. Hy is ook baie vriendelik en lag elke keer vir my as ek vir hom lag. Dit is net snaaks dat Pappa ook in die blink ding is - dit lyk sommer of daar twee van my pappas is! Miskien is my Pappa een van 'n tweeling - ek weet nie. Pappa en Mamma probeer die heeltyd om 'n foto van my te neem as ek lag - elke nou en dan kry hulle dit reg soos die foto hier.
Ek moet nou eers gaan slaap voordat Mamma weer stress!
Lief Julle
FRANCOIS