![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgxVQ_BvxPYCyb0jjA9ZZDxQf1Xxr0N3Htatz8cWvm1mW9wXtR-gNYptpI_jTARPznXQoW1hOkLnzTFejVugVFgRaTQEczWv3hopLQbZC9lBkjp-zRyLJ42uBB617DGnahMeQHJUqfrX87d/s320/100_0887.jpg)
Vandag is ek al 19 weke oud!
Sjoe, maar die tyd vlieg. Pappa se hy kan amper nie eers meer onthou hoe dit was toe ek so erg KOLIEK gehad het nie! Let wel amper!!
Gister het ek vir die eerste keer my twee nefies van Klerksdorp ontmoet. Hulle hare is baie wit! Ek dink ons sal lekker op die golfbaan speel as ek groter is! Hier is 'n foto van my met die Crous familie. Die tannie is pappa se sussie!
Mamma het vandag 'n week terug begin werk! Ek mis Mamma baie maar Maria kyk baie mooi na my. Ouma Helga kom kuier ook gereeld!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiJRg7fGnoiJbZ-HjfJJ4elXMTJ1nha-Omi9HUJiOJGffMWOnum_DpIrcdwY7ElFkbq9rmEyR1EYEd5sNaUkPcq9MJLoJS_42_PjczqWej0tg6eLEZpb5_solsKAIhLl1SAjgvd0KIb4QzK/s320/100_0880.jpg)
Maria kom baie vroeg, net na ses in die oggend sodat Mamma en Pappa kan regmaak vir werk. Ek probeer baie stil wees sodat ek nog 'n bietjie by hulle kan wees voor hulle my vir Maria gee. Pappa moes Donderdag en Vrydagaand werk. Ek het al lekker geslaap toe Pappa by die huis kom. Dit was so 'n groot verrassing toe ek twee uur wakker word en Pappa le langs my. Ons het hom baie gemis. Hy se almal by sy werk se ek is pragtig en lyk nes hy. Ek dink Pappa lyk nes ek!!
Mamma het gevra vir hierdie foto! Sy se ek het die mooiste boudjies. Sy se die meisies hou glo daarvan - ek weet darem nie of dit waar is nie!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjSW6MnRyhZRMdA49OmDU4yPcE523XwA_ApxoNshmkJz7zHj_3oxJbYg0F7QSLQjNrU1amyPgpg-qLokBpd45jPCy_9Lhr0Tn2BX869M3OywOXuYbYLk4fbgqKZ50ocdpjauwSVK5OEVs5x/s320/100_0892.jpg)
Ek glimlag nou al baie. Pappa is baie snaaks en ek lag te lekker vir hom. Mamma en Pappa het 'n groot foto van my by die trappe opgesit! Elke keer as Mamma met my verby stap wys sy dit vir my - ek lag dan alte lekker. Mamma het Vrydag begin om my voor so 'n blink ding te sit. Die baba in die ding lyk baie soos ek. Hy is ook baie vriendelik en lag elke keer vir my as ek vir hom lag. Dit is net snaaks dat Pappa ook in die blink ding is - dit lyk sommer of daar twee van my pappas is! Miskien is my Pappa een van 'n tweeling - ek weet nie. Pappa en Mamma probeer die heeltyd om 'n foto van my te neem as ek lag - elke nou en dan kry hulle dit reg soos die foto hier.
Ek moet nou eers gaan slaap voordat Mamma weer stress!
Lief Julle
FRANCOIS
No comments:
Post a Comment