Monday, August 31, 2009

Besige naweek Pappa en Mamma verjaar!!

Hallo Julle

Sjoe my Pappa het Vrydag verjaar en Mamma vandag, Maandag!! Ek het vir Mamma 'n baie mooi hangertjie gekoop. Pappa het gehelp en ons het dit van die Kaap bestel. Dit is 'n klein seuntjie met my naam op. Dan kan Mamma my altyd naby haar hartjie he!! Ons was baie bekommerd dat dit nie betyds hier sal wees nie - die ooms en tannies by die pos wil mos nie meer werk nie!! Pappa se hulle soek meer geldjies sodat hulle mooier na hulle babatjies kan kyk!!

Pappa het ook Saterdag vir my my eerste regte rugbybal gekoop!! Dit het so 'n snaakse bokkie op. Dit is glo belangrik, maar ek weet nie regtig wat dit beteken nie!!

Vanaand het ek 'n glipsie gehad inni bad!! Mamma het bietjie gegril, maar gelukkig was Pappa daar! Pappa was okay om dit skoon te maak. Ek moes eers uit die bad klim sodat Pappa skoon water kon intap!

Liefies vir julle almal

FRANCOIS

Sunday, August 23, 2009

Al Twee Tande


Hallo Almal

Ek het nou al twee tandjies. Dit was nie baie seer nie maar my mondjie loop die heeltyd. Pappa se my neusie het nog nooit geloop nie, maar nou loop my mondjie. Dit is glo omdat ek tandjies kry!!

Pappa en Mamma wou vandag 'n fototjie gaan neem het van my by 'n Harley, maar die winkel is weg. Hulle het toe maar hierdie fototjie van my geneem! Die rooi bandana is my Harley-look!!



Pappa se hier lyk ek nes 'n seuntjie. Ek hou baie van my cammo pants en kan sommer sien dit gaan my gunsteling kleertjies raak!!







Hier is ek by oom Leeu. Oom Craig het hom vir my gewen by Gold Reef City - ek was nog nie self daar maar Pappa se as ek bietjie grroter is kan ons gaan. Mamma sal saam met my op die goed ry. Pappa se hy word siek daarvan!!





Ek slaap nou al beter - nog nie genoeg in die nag volgens Mamma - maar ek hou nie van my melkies nie. Mamma se sy kan nie wag dat sy vir my pienkmelkies kan gee nie. Sy se ek sal mal wees daaroor en dan sommer baie melk drink. Ek eet genoeg purity en pappies, maar Mamma dink ek kry nie genoeg vloeistof in nie. Pappa is nie bekommerd, hy se solank my doeke nat is is ek ok!!




Ek dink nie ek het al vir julle vertel nie, maar Ingrid en Anton gaan naby aan ons kom bly. Hier sit ek en Anton en speel. Pappa is baie bly want nou kry hy weer iemand wat weet hoe om sy hare te sny. Ingrid speel lekker my met en sy't klaar gese as Mamma nie iemand het om na my te kyk, sal sy!! Dit gaan baie lekker wees.






Craig is baie lief vir my. Hier speel hy met my, Mamma se hy's partykeer bietjie rof maar ek is ok. Hy speel lekker met my. Mamma, Pappa en Craig het gister golf gespeel. Craig se ma Granny Judy het na my gekyk. Pappa se Mamma is 'n natural golfer. Sy't glo so goed gespeel dat Pappa besluit het sy kan meer speel dan sal hy na my kyk. Pappa sukkel maar met die golf - hy hoop maar ek het Mamma se gene geerf as dit by golf kom!!
Liefies vir julle alma!
Francois






Wednesday, August 12, 2009

Ek ontmoet baie familie wat ek nog nooit gesien het nie!

Sjoe maar ons het 'n besige week gehad. Hier was soveel mense ek kan amper nie eers almal se name onthou nie. Hier sit ek by Ingrid enAnton. Dit is Mamma se niggie van Somerset Wes. Hulle trek einde Augustus hier na ons toe. Ek kan nie wag nie. Anton is baie goed met enige sport en Pappa se hy sal my baie kan leer. Oupa en Oom Hein is so ver dat ek maar tydelik iemand anders moes soek om my met al die sport goed te help!






Riaan en Michelle was ook hier by ons. Michelle het die een aand by ons geslaap en Riaan het die volgende dag hier by ons baan golf gespeel. Mamma se ek's mal oor blondes. Ek kon nie ophou kyk vir Michelle se wit hare nie. Sy was baie oulik met my en ons het lekker saam gespeel. Sy is regtig goed met babas soos ek. EK gaan haar baie mis! Hulle bly ook baie ver, in die Kaap, en kan nie so baie vir my kom kuier nie!






Pappa se hierdie is sy favourite kleertjies. Hy noem dit my surfer look. Pappa se sodra ek kan loop sal hy my leer surf!! Ek dink hy moet wag tot ek kan swem!!










Ek het glo ook familie in Potgietersrus. PAppa se die dorp het glo 'n nuwe naam maar hy kan dit nie spel nie. Hier sit ek by my twee neefies. Hulle het die Sondag by ons kom speel en eet.







Hier staan die hele familie van Potgietersrus met Pappa en Mamma.

Julle het mos al baie van oom Craig gehoor. Hier sit ek en sy pappa en speel. Grampie Collin is baie goed met goed bou. Hy werk by die lughawe en bou vliegtuie vir SAL. Ek weet hy kyk mooi na die vliegtuie anders sal baie mense seerkry. Grampie Collin het sulke mooi vliegtuie in hulle huis maar Pappa se ek mag nie daarmee speel nie.








Hier is ek en Granny Judy - dit is Craig se Mamma. Sy't gese sy sal so nou en dan na my kom kyk dat Pappa en Mamma kan gaan golf speel. Hulle is baie goed vir my.
























Pappa het uitgevind dat as ek wakker word wil ek iets sien wat ek van hou. Uncle Greg en Aunty Faye het hierdie Panda beertjie vir my gebring van oorsee. Hulle is ons KIWI bure. Pappa sit nou die beerjie neer sodat as ek wakker word ek reg in sy oe kyk! Hy's amper so groot soos ek en ons speel lekker saam!! Hy's partykeer bietjie lui en le net daar. Ek kielie hom dan maar tot hy begin beweeg. Partykeer praat hy met my - dit klink baie soos Pappa maar ek weet hy kan self praat!




This is Aunty Faye that gave me the Panda. We visit often and she likes to hold me. I like playing with her. They are the best neighbours we ever had.
Liefies vir julle almal..
FRANCOIS