Monday, August 31, 2009

Besige naweek Pappa en Mamma verjaar!!

Hallo Julle

Sjoe my Pappa het Vrydag verjaar en Mamma vandag, Maandag!! Ek het vir Mamma 'n baie mooi hangertjie gekoop. Pappa het gehelp en ons het dit van die Kaap bestel. Dit is 'n klein seuntjie met my naam op. Dan kan Mamma my altyd naby haar hartjie he!! Ons was baie bekommerd dat dit nie betyds hier sal wees nie - die ooms en tannies by die pos wil mos nie meer werk nie!! Pappa se hulle soek meer geldjies sodat hulle mooier na hulle babatjies kan kyk!!

Pappa het ook Saterdag vir my my eerste regte rugbybal gekoop!! Dit het so 'n snaakse bokkie op. Dit is glo belangrik, maar ek weet nie regtig wat dit beteken nie!!

Vanaand het ek 'n glipsie gehad inni bad!! Mamma het bietjie gegril, maar gelukkig was Pappa daar! Pappa was okay om dit skoon te maak. Ek moes eers uit die bad klim sodat Pappa skoon water kon intap!

Liefies vir julle almal

FRANCOIS

No comments: