Wednesday, October 7, 2009
















Hallo Almal!
Ek het amper 'n maand laas met julle gepraat - en dit net oor my mamma en pappa so besig is! Groot askies, hoor? Dit sal beslis nie weer gebeur nie!

Dit gaan so goed met my - ek raak lekker groot en my mamma en pappa se ek is te ougat ... (het nie 'n idee wat dit beteken nie)

Julle kan sien ek probeer deesdae self die bottel vashou, maar ek is maar lekker lui om dit te doen - dis BAIE lekkerder as die grootmense dit vir my doen! Ek is ook nog steeds niks lus vir melk drink nie! My mamma het my probeer flous deur laas naweek ander melkies aan te maak, maar toe hou ek my mondjie selfs nog meer toe as gewoonlik; en op die ou end moes hulle maar weer van die NAN vir my gee. Ek is ook nie juis lus vir sappies (en glad nie water) nie ... Tee is vir ou mense - dis nou wat ek besluit het.
Ek kruip darem nou baie-baie ampertjies! Ek hou my mense en Maria BAIE besig! Maria leer my eintlik om te probeer kruip. Sy hou van my speelgoedjies voor my en dan strek ek omtrent om daaraan te raak.
Ek het vandag vir die eerste keer uit my eie uit gewaai - dit was ook vir Maria! My mamma en pappa het 2 dae terug my handjie so vasgehou as iemand vir my waai en toe dog ek maar vandag sal ek op my eie waai as Maria busstop toe gaan. Sy was so opgewonde! Ek het ook vandag vir die eerste keer in my cot opgestaan teen die reelings. (ek het dit al 'n paar keer gedoen, maar my mamma se ek het STERK opgestaan vandag)
Ek verras die mense nou omtrent elke dag met ietsie anders. Ek maak baie cute klankies - my eerste "woord" was al op 8 weke en dit was "eina" - maar ek belowe niemand het my seergemaak nie, dit het sommer net uitgekom. Ek se die gewone goedjies soos "ma-ma" en "ba-ba" maar ek se dit sommer net - nie altyd VIR my mamma of myself nie. Ek kwyl ook weer verskriklik baie, so ek dink ek kry weer tande.
My ouma en oupa van Klerksdorp het die Saterdag van die langnaweek by ons gekuier. My ouma Polla het my opgepas sodat my mamma en pappa die oggend kon gaan golf speel (my pappa het net die helfte gespeel). Dit was lekker om hulle ook weer te sien.

1 comment:

Ronél Loubser said...

Jy moet vir Maria sê sy moet 'n handdoek vat en onder jou maag deursit (as jy op jou maag lê). Dan die handdoek lig sodat jy hande-viervoet staan (laat pappa verduidelik wat dit is) - dit help ook om te leer kruip en ook lekker om so in die lug te hang.
Jy is 'n pragtige seuntjie en ek al so jaloers dat ek jou nog nie kon vashou, maar dalk een van die dae. Kom julle Hartenbos toe vir Kersfees?
Moenie worry oor die melk drink nie, sê vir mamma sy moet wag tot jy een jaar oud is of meng die Nan met gewone koeimelk. Daai "first growth" melk van parmalat (hulle maak baie melk produkte) is aaklig.
Groet vir mamma en pappa en dankie vir Maria wat so mooi na jou kyk.
Liefde tannie Ronel