Sunday, November 1, 2009

Ek's al 9 maande oud

Hallo Julle Almal

Ek het darem 'n besige paar weke agter die rug. Maandag het ek nege maande oud geword, en ek moes alweer ingespuit word op my vermaanding. (Op hierdie foto is ek presies 9 maande oud!). Ek is nou al 75cm lank - amper die helfte van Mamma se lengte, en weeg 8,4Kg!


Ek moes glo vir masels ingeent word. Mamma het saam gegaan - dit was nie te seer nie. Die vriendelike tannie het gese ek mag dalk bietjie siek raak die week wat kom. Dit is glo normaal met die inspuiting. Ek weet nie hoekom hulle kindertjies inspuit net om hulle siek te maak.

Pappa was die hele laasnaweek weg. Mamma moes alleen na my kyk van die Donderdag af. Pappa het my darem Donderdagoggend saamgevat na 'n tannie wat baie diertjies het. Ek het baie voels gesien en twee apies. Die een was 'n nagapie - hy het vreeslike groot oe. Die tannie gee vir hom sweeties dan kom hy uit in die dag. Dit was baie lekker.


Laas Sondag was dit Oesfees by ons Kerk. Al die foto's van my, wat ek laas week opgesit het, is daar geneem. Ons was van vroeg af daar en kon lekker Potjiekos eet. Ek weet nog nie wat dit is nie, maar almal het gese dit was heerlik. Pappa het darem vir my bietjie roomys gegee - en my Purity was my favourite - Potato!!




Mamma en Pappa se maatjie van die Kaap het Donderdagaand by ons geslaap. Sy het baie lekker met my gespeel. Mamma se tannie Chanelle speel so lekker met my want sy het self twee seuntjies. Ek dink dit was omdat sy alklaar baie lief is vir my. Dit is ek en sy op die foto. Sy het vir my 'n baie oulike spelietjie geleer - mens sit goed op jou kop en kyk hoe dit afval. Ek het baie lekker gelag!!



Pappa en Mamma het my baie bederf die week!! Hulle het vir my 'n swembad gebou. Baie ooms het laas Donderdag begin - ja dit is toe Pappa Sun City toe was - en Dinsdag was hulle klaar. Dit lyk baie lekker en ek kan nie wag om daarin te kan swem nie. Pappa het gese ek mag nooit alleen swem nie!!

Vandag was baie lekker. Eers het Craig vir my, my eerste Harley Davidson geskenk gegee! Die foto hier sit ek langs Harley die apie by sy Harley Davidson. Pappa wil so graag vir my ook so 'n hempie kry met die regte egte Harley Davidson daarop.

Ingrid en Anton het ook kom kuier. Hulle het vir my 'n pragtige surfhempie gebring. Pappa hou baie daarvan. Ingrid het ook Pappa en Mamma se hare gesny. Mamma lyk baie anders maar ek hou daarvan. Mamma gaan haar hare wat afgesny is vir mense met kanker skenk. Hulle maak vir hulle hare om te dra daarvan. Ek is baie lief vir my Mamma.




Mamma het vanoggend vir my 'n baie lekker koekie gegee. Ek het baie gemors maar dit was baie lekker. Dit het sulke bruin soet goed opgehad. Pappa se dit is sjokolade en hy't gese ek mag dit eers eet as ek 4 word! Mamma het die koekie vir my gegee toe hy nie kyk, en ek het sommer dadelik begin eet. Ek kan nie glo ek sal nou moet wag tot ek vier jaar oud is voor ek dit weer mag eet.


















Ons was vroeg vanoggend (11 uur, maar dit is vroeg as jy 'n baba het se pappa) by Toy's R Us. Hier het ek aan 'n groot kameelperd gevat. n Tannie met baie lang bene het vir my 'n hondjie met 'n ballon gemaak. Ek wou dit eet maar Pappa het gekeer.
Dis nou eers al nuus. Julle moet 'n lekker week he. Liefies vir julle en skryf asb terug vir my!
FRANCOIS

No comments: