Sunday, December 5, 2010

Ons Seevakansie






















Hallo Julle Almal

Jammer vir almal wat so lank wag om my fotos te sien. Pappa kon nie die passwoord onthou van my BLOG! Pappa is al amper veertig en dit lyk my mens vergeet maar goed hoe ouer jy word! Pappa se dit is nie waar nie - daar moes iets anders fout gewees het.

Ek het so lekker vakansie gehou!!! Ons was by Hartenbos naby Mosselbaai! My Mamma en Pappa was vir 'n hele 2 wekies net by my elke dag! Ons het geswem, gestap, fietsie gery, sandkastele gebou, gerus (OK, my Mamma en Pappa wou graag ...), gespeel, met volstruisies gespeel, vir dassies chippies gegee (rerig), vir bokkies en skape mielies gevoer, ag noem dit maar - ons het dit gedoen!

Ek belowe my Pappa sal later 'n klompie foto's oplaai, maar vir eers is ek so bly hy kan weer op hierdie blog werk!!

O ja, ek het bo-op 'n skilpad gaan sit wat Pappa gered het uit die kanaal op oom Frans se plaas! Ek het ook in 'n akwarium (groot woord, ne?) 'n klompie haaie en ander vissies gesien! Ek praat sommer nou al 'n klompie woorde na hierdie vakansie. Ek was ook saam met my ouma en oupa na 'n plek met regte kamele en ganse en 'n klompie ander diertjies - julle sal foto's sien later!

Lief vir julle!
Francois
xxxxxxx

Thursday, October 21, 2010

23 Oktober 2010 - Ek's 'n besige knapie!

Hi julle Almal!!

My pappa het nou 'n klomp foto's opgelaai, so geniet dit!

My hare is verlede week weer gesny - ek is nou 'n regte seuntjie. Ek het maar weer geskreeu soos 'n maer varkie, maar die keer het my pappa daar aangekom en my vasgehou, toe klou ek tjoepstil aan hom vas tot die vrou klaar is. Ek lyk cute, ne?


Ons het vandag (22 Okt) 'n familiedag by my pappa se werk gehad en dit was HEERLIK!!! Ek het van 'n BAIE hoe glyplank met water op gegly saam my pappa (ek was die kleintste seuntjie wat dit wou doen)! Verder het ek op 'n mallemeule gery en 'n klomp ander goeters ook.








Hierdie foto het ingeglip en is 'n rukkie terug geneem op ons golfbaan. Ek dink ek gaan vir Ernie 'n ding of 2 leer oor 'n paar jaar!



































Hier ry ek op die treintjie! Ek het stil gesit vir 'n rukkie, dan weer opgespring en wou uitklim, dan sit ek weer stil en so het dit maar aangegaan!








Ek het heerlik op die springkasteel gespring - aan die een kant was daar balle ook! Ek is goed met die springery - ek het 'n trampolien by die huis en ek spring elke dag saam Maria daarop!










Hier is ek in die Bubble-kasteel. Hierdie dogtertjie het sommer baie van my gehou en my gehelp as ek dalk gly.














Ek sit hier met 'n dogtertjie aan die balle-kant van die springkasteel.







































































Die foto is van my en mamma in 'n groot blou bal bo-op 'n swembad vol water! Ek wou so graag hierin gaan, maar dit raak bietjie warm na 'n rukkie, hoor? Toe moes ons maar weer uitklim om kans te gee vir iemand anders!



Kyk net hoe ougat lyk ek met my kort hare!!



















Hier is my hare net voor ons na die haarkapper is! My hare was eintlik stunning so lank, maar ek kry bietjie warm so met die lang hare - ek sweet BAIE op my kop!














Sien julle hierdie mooi meisie by my in die badkamer? Haar naam is Martinique en dis 'n maatjie van my! Sy is van Bloemfontein en het saam haar mamma en pappa verlede naweek by ons geslaap. Sjoe, sy is verskriklik mooi en het lekker met my gespeel! Ek is so jammer sy het klaar 'n boyfriend, maar ek kan steeds probeer ...














Hier speel ek bo-op my dolfyntjie, Dollie. Ek ry te lekker op haar - sy is 'n opblaasdolfyntjie.






















Ek sit en speel hier met my draadkar-trekker. Dis 'n blou Ford trekker en julle sal nie glo nie, maar 'n wildvreemde tannie het dit vir my by Aardklop gekoop! Sy het gesien hoe lekker speel ek daarmee en toe my mamma dit wou teruggee vir die man by die stalletjie, toe se hy die tannie het dit klaar vir my betaal en gegee! Sjoe, 'n mens kry nog oulike, goeie mense!











Hier sit ek by my ouma en oupa op die golfkarretjie. Hulle het by ons kom kuier en dit was 'n heerlike verrassing vir my! My ouma het verjaar einde September en toe het hulle gevlieg en vir ons kom kuier! Ek het baie lekker met hulle gespeel elke dag - ek dink hulle was poot-uit na die vakansietjie ... Nou verlang ek net baie na hulle!





Ons was in September in Ventersdorp vir 'n oom van Pappa se 80ste verjaarsdag. Daar het ek nou baie ander familie vir die 1ste keer gesien! Hier is ek by 'n kleinnefie van my en sy naam is ook Francois. Hy's bietjie kleiner as ek.







Ek en Pappa is hier by tannie Sharon, sy is die vrou van Pappa se nefie, oom Francois. Hulle woon in Australie en was spesiaal hier vir die verjaarsdag (dis oom Francois se pappa wat verjaar het, oom Daan). Kan julle glo die tannie Sharon se kinders is al uit die skool? Sy's mooi, ne?






Steeds by die verjaarsdag in Ventersdorp. Almal op hierdie foto se naam is Francois! Pappa hou my natuurlik vas. Hoekom het almal my naam gekies wonder ek? Wys jou nou net wat 'n mooi naam FRANCOIS is!









Hier is ek saam met Pappa se sussie, tannie Charlene, haar man, oom Ian, en my een nefie, Armand. Ek het hulle nog net een keer voor hierdie dag gesien en was baie bly om hulle weer te sien!





















Hierdie is eintlik 'n baie stout foto van my! Ek het 'n slukkie bier geneem ... Ons was saam met ons selgroep by die Botaniese Tuine in Pretoria vir 'n piekniek!











Dit was 'n laaaaang slukkie ...











Na die biertjie het ek maar liewers gehou by vrugtesappies - Hanke het met my gedeel. (Sy is net so pragtige meisietjie!!)
Nou ja julle almal, pas vir julle mooi op en skryf vir my 'n briefie asb!!!
Lief vir julle!
Francois
xxxxxxxx








Sunday, September 5, 2010

Dis Heerlike Lente!

Goeiemore Almal!

Ek wil vir julle almal se: Heerlike Lente!!! Dis so lekker weer hier in Gauteng - ek is so bly ons bly hier (hahahaha)! My mamma se dis eintlik al wat lekker is hier - byna niks wind nie en dis rerig lekker warm al - sommer 30 grade (wat dit ookal beteken).

Ons het die naweek 'n Cowboy partytjie gehad en was dit nou lekker? Ek het te oulik gelyk met my cowboy hoed, my sheriff wapen en my 2 rewolwers! Maar ek mag nie daarmee speel nie, my pappa en mamma hou nie van skietgoed nie. Die ander maatjies en pappas en mammas het net so oulik gelyk! Ek het net 'n perd gekort, dan was ek 'n regte cowboy!

My niggie Lindsey het ook Saterdag verjaar, maar ongelukkig kon ek nie Kaap toe vlieg om saam met hulle te gaan ysskaats nie. Ek moet se: dit klink na vet pret! Kan nie wag om bietjie groter te raak nie.

My pappa se hande is nog niks lekker na die operasie nie. Ek kan sien hy het rerig baie seer, maar hy se niks! Ek le elke aand nou so styf bo-op hom; ek gee hom nie 'n kans om alleen te wees nie. My mamma kry 'n "break", maar ek klim sommer op Pappa se rug snags!

Ek het verlede week en gister al geswem! Ons water is al klaar lekker warm - sommer so 26 grade (al weer die grade - ek weet nie eens wat dit beteken nie).

O gaats, my mamma se sy moet nou ophou tik, so ek sal later weer met julle praat. Net gou baie liefies van my af xxxxxxxxxxxxxx

Liefies julle almal
Francois
xxxxxxx

NS: Ek se nou baie "kyk daar" - so met die pratery gaan dit al beter! xx

Monday, August 23, 2010

'n VINNIGE HALLO

Hallo Almal!

Hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal! Met my gaan dit "hunky-dorey" - ek raak groot en raak net meer bedrywig elke dag!

My Pappa het verlede Woensdag nog 'n keer vir 'n operasie gegaan - hierdie keer vir sy regterhand. Foeitog, hy het geval toe hy by die huis kom al die pad van ons trappe af tot onder, nou is sy rug seerder as die hand wat die operasie gekry het ... Ek is deesdae 'n regte Daddy's Boy - ek los hom nie vir 'n oomblik uit nie! Hy sukkel maar om my op te tel en kos te gee en allerhande ander goeters te doen, maar hy kry dit reg!

Ons was die langnaweek in Augustus na 'n baie lekker plek! Daar is 'n kammakastige see - vir my lyk dit nes die regte see. Hulle noem dit die Valley of the Waves by Sun City. Sjoe, dit was lekker!! My Mamma kon my net nie uit die water kry nie - dit was yskoud, maar heerlik om in te baljaar! Nou kan ek nie wag vir die einde van die jaar wanneer my mamma en pappa met vakansie is en ons see toe kan gaan nie!!!!

My ouma en oupa van Klerksdorp was die naweek by ons. Dit was lekker om hulle weer te sien - ek dink hulle was verstom om te sien hoe groot ek nou al is en wat ek alles kan doen vandat hulle my laas gesien het. My ouma het 'n klomp malvapoedings gemaak en vleispasteitjies vir as my mamma laat by die huis kom en moeg is vir kosmaak!

Ek gaan nou eers groet, wou net gou dag se. Dis my pappa se verjaarsdag Saterdag!!!!!!

Baie liefdetjies
Francois
xxxxxxx

Thursday, July 22, 2010

Nuwe Foto's!!








Hi julle Almal
Ek raak groot, ne?

Liefies vir julle!
Francois
xxxxxxx

Monday, July 19, 2010

Fotosessie!!

Hallo Almal

Net 'n vinnige hallo aan julle almal! My pappa het nog steeds nie die foto's van my en Lindsey gelaai nie - 'skuus, ek dink sy hand is nog baie seer ...

Ons was Saterdag weer by die tannie Fotograaf, tannie Berdien. Ek het so lekker rondgehardloop en speel met al die anderster goedjies by haar studio, dat ek dink sy moes sukkel om 'n foto of 2 in te kry - ek is mos 'n vinnige, ratse outjie! En ek sit nie stil vir 10 sekondes nie ... Pappa sal van daardie foto's ook moet opsit sodra hulle dit kry. Ek is seker ek is 'n model teen hierdie tyd!

My hare is verlede Donderdag laat sny, maar sjoe, dis nou nie 'n lekker episode nie. Daai klomp mooi meisies flirt met my, toe flirt ek lekker terug en hulle "oe" en "aa" net oor hoe cute ek is. Toe Charlene (dis nou die haarkapper) haar sker naby my bring, toe begin ek gil soos in die flieks!!! My gesig was bloedrooi en my hare sopnat gesweet, maar sy hou aan om te probeer hare sny! My mamma het my die heeltyd vasgedruk (en sy was vol blonde hare na die tyd), maar ek ruk en pluk my kop, hoor? Nou sit ek met korter hare, maar 'n hele hoop happe daarby! Ek hoop maar my tannie Ingrid kom gou kuier, want ek laat net vir haar my hare sny, ek weet nie hoekom my Mamma my hare juis nou wou korter he nie ... (foto's, my kind, foto's)

My Pappa en Mamma het my gister in die Kerk weer na die klomp ander peuters gevat, maar dis nie vir my lekker nie. Hulle wil heeltyd my speelgoed he, so dan vat ek dit maar net terug en skree so bietjie saam. Toe moet my Pappa my maar weer kom haal. Ek hou van in die groot kerk sit - ek kyk na almal en loop bietjie rond EN DANS wanneer die musiek speel!

Ons het nuwe bure wat van Duitsland af kom. Ek dink ek is baie gelukkig, want hulle het verlede week 'n tweeling gekry - 2 dogtertjies!!! Nou sal ek sowaar kan"pick-and-choose" watter een die mooiste is en dalk eendag my matriekafskeid-date is! Hulle praat blykbaar 'n ander taal wanneer hulle eendag kan praat. Hulle name is Eva en Victoria. Ek wens hulle wil gou grootword, sodat ons lekker kan jol!

Dis lekker koud in Gauteng - laasnag was dit weer 0 grade! Maar ons dae is pragtig - lekker sonskyn! Ek het gistermiddag heerlik in my sandput gespeel in die sonnetjie. Ek hoop maar my klomp maatjies/nefies/niggies in die Kaap is nie te koud en nat hierdie winter nie!

Ek gaan nou eers vir julle groet. Pas julleself mooi op en skryf asseblief vir my!

Liefdetjies,
Francois
xxxxxxx

Monday, July 12, 2010

Lang Sokkervakansie verby ...

Hallo Almal!

Ek sien my Pappa het 'n paar foto's gelaai. Hy sal nog foto's moet opsit, want my niggie, Lindsey, en oom Hein en tannie Ash het by ons gekuier! Dit was verskriklik baie lekker! Ek mis hulle nou vreeslik, want dis so lekker om 'n maatjie die heeltyd hier te he wat met my kan speel!

Oom Hein-hulle was laaaaank by ons (tussen-in was hulle vir 'n paar dae na Mpumalanga en die Wildtuin ook). Ons het sowaar ook na 'n groooooot geboue gegaan met BAIE trappies - die Voortrekkermonument. Dan was ons ook by 'n leeupark en wildrit, Bruma en nog baie ander plekke ook! Ek mis hulle rerig. Tannie Ash het my een Saterdag opgepas sodat my Mamma en Pappa kon gaan golf speel! Ek wens hulle het naby ons gewoon, sodat ek meer met Lindsey kon speel ...

My Pappa het verlede Woensdag 'n operasie gehad. Ek vra sommer gou vir Mamma die woord, want dis moeilik: Karpale Tonnel sindroom. Hulle het sy linkerhand gesny en nou kan hy nie help om my doeke om te ruil nie (of so se hy ...) Sy hande/arms het sommer net lam geraak na naalde en spelde - nou moet hy nog oor 'n ruk gaan vir sy regterhand ook!! Foeitog, hy is so besig by sy werk, dat hy nie eers die siekverlof kan gebruik nie. Hy gaan alweer more weg met 'n vergadering tot Donderdag! Ek dink hy gebruik sy hand wat met pleisters en verbande toegedraai is heeltemal te veel! My Mamma raas met hom, maar hy se: wie anders gaan kos maak as hy dit nie doen nie? (My Mamma is mos niks lief vir kos maak nie ... Sy hou van sjokolade en chippies, maar kook?)

My ander oom, Hercules, het gister met ons ge-skype! Ek het hom laas na my verjaarsdag in Januarie gesien. Hy woon in Engeland. Gelukkig kan ek nou weer onthou hoe hy lyk! Hy gaan seker vir my mooi goetertjies uit Engeland eendag saambring! (Ek hoop hy lees nog my Blog gereeld ...)

Dis baie koud nou weer by ons. Mamma se dit het gesneeu erens. Ek weet dit het al by Ouma en Oupa Coetzee 'n paar keer gesneeu vanjaar - Lindsey het vir my foto's gewys waar hulle almal 'n sneeuman gebou het! Dit lyk na vet pret, maar ek dink dis bibberkoud ...

Ek gaan eers vir julle groet! Dit moet goed gaan met julle! Ek sal beslis vir Pappa vra om 'n foto of 2 nog op te laai!

Baie liefdetjies
Francois
xxxxxxx

Friday, July 2, 2010