Wednesday, February 10, 2010

Ek is EEN JAAR!!

Hallo Julle almal

Baie dankie vir almal wat by my verjaarsdag was. Pappa was weer weg drie dae voor my verjaarsdag en Mamma het hom sommer vroeg die Saterdag uit die bed gejaag om alles te kon klaar kry. Ek het baie lekker verjaar en baie dankie vir al my mooi presente.

Hier was so baie maatjies ek was skoon verbaas. Almal het lekker gespeel. Pappa het vir die groter maatjies 'n springkasteel gehuur. Hulle het dit so baie geniet.



Mamma het vir my 'n roomyskoek laat maak. Ek kon darem 'n bietjie daarvan eet!! Pappa wil mos nie he ek moet lekkers eet tot ek 4 is. Hy se ek eet te sleg my kossies en lekkers gaan maak dat ek nie my kossies wil eet nie...

Ek was Vrydag by die tannie dokter, want ek het elke nag wakker geword met 'n vreeslike gegil! Sy kyk toe in my oortjies en sowaar - ek het 'n aaklige middeloorontsteking ... Ek drink nou anti- anti- anti-wat-nou-weer? O ja, antibiotika!!
Ek het sommer al die tweede oggend baie beter gevoel! Ek gil ook nie meer snags nie. My mamma is net bly dis nie nagmerries wat my so laat skreeu het nie!

My pappa sal later hierdie week nog 'n klomp foto's opsit - hy belowe so!

Baie liefies vir julle almal!
Francois
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx


PS: My oumas en oupas was hier vir my verjaarsdag en my oom Heinrich van die Kaap ook die middag na die partytjie!!










1 comment:

Ronél Loubser said...

Baie geluk Francois met jou eerste lewensjaar wat nou verby is. Jy lyk na 'n gelukkige seuntjie, veral as so baie maatjies en ooms en tannies daar was vir die partytjie. Geniet elke oomblik - jy het 2 wonderlike ouers en oumas en oupas. Liefde van ons almal in die Paarl. Tannie Ronel