Monday, December 1, 2008

Wat laas week gebeur het


My Pappa was verlede week in Durban en die week voor dit inni Kaap. Dis hoekom ek nou eers kan skryf. Ek moet maar vashou hier binne - my Mamma hoop maar net ek kom nie uit as Pappa nie hier is nie.


Ek was verlede week weer by die dokter. Ek dink my Mamma en Pappa is bietjie te beskermend oor my. As ek nou al so baie dokter toe gaan wat gaan hulle doen as ek eers daar is? Tannie Jacky het weer die ding gebruik wat my ore seer maak. Sy het vir Mamma gese ek weeg nou al 1.55kg.


Ek en Mamma het gister golf gespeel. Ek het nie daarvan gehou nie en vir Mamma gevra om nie weer dit te doen nie. My beentjies is nou al lekker sterk en ek skop Mamma se ribbes lekker seer. Ek het nou die dag tot Pappa se hand weggeskop toe hy op my druk. Ek weet nie wat dink die mense nie. Hier is maar min plek hier binne en nou staan en druk hulle ook nog op my


Pappa het vandag my badjie klaar gemaak. Blykbaar is dit in my kamer ingebou in 'n kassie met die krane en alles! Ek sal hom vra om vir julle 'n foto op te sit.

1 comment:

Ronél Loubser said...

Francois ek sien pappa gaan vir jou oulike speelgoed maak!