Hallo julle almal!
Hoop dit gaan goed met elke liewe een van julle! Ek het weer lanklaas geskryf en daar het eintlik so baie goed gebeur!
My Pappa en Mamma het einde Augustus albei 40 jaar oud geword! Sjoe, ek dink dis stokoud! My Pappa se hy is baie depressief daaroor (ek weet glad nie wat dit beteken nie) en my Mamma se weer dis heerlik bevrydend (ek weet ook nie wat dit beteken nie). Sy se mens "worry" nie meer op 40 oor dinge soos selluliet (?) en goeters nie - sy is baie happy soos sy is!
My ouma Essie en oupa Han het hier gekuier vir 2 weke en dit was HEERLIK!!! Hulle het met my gejol en gedans en gestap en bederf en alles wat lekker is! Hulle kan nie glo hoe oulik ek nou kan praat nie!
Ai toggie en daar moet ek weer hospitaal toe... By die ER24 het hulle vir eers net steristrips opgeplak, maar dit was baie diep en ek moes die volgende oggend weer teater toe gaan sodat 'n plastiese chirurg dit mooi met steke kon toewerk. Hy het gommetjies aan die buitekant geplak - en siedaar! Baie mooi gedoen. En ek het baie min gehuil toe dit gebeur het. Die dag in die teater het ek vir almal gesmile en gewaai!
My Mamma het haar hare laat sny - sy het dit weer vir 'n pruik vir 'n kankerpasient geskenk. Sy lyk mooi, ne?
Maar toe moet my hare ook waai ... Ek kan mos nou nie langer hare as sy he nie. En was dit nou weer 'n geskree van my kant af, maar ek lyk handsome, ne? En so met die sny bo my regteroog ... Die tannies en meisies kan nie ophou om na my te kyk nie!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiUcKb-_6QlvL0ZEQRcnMFinqDPRaPCw3XY7ehsPH142wp3kRLSVdejC1oZppJmqu1XcHDA-wzfg30jH1KmUFR9vZFUZSFSISEGedRxq9KiuQWdUQ-omWjJl1Ly25N25_I-VD8Q4mJ7qVyg/s320/IMG00125-20110720-1306.jpg)
Hier is sommer net 'n foto van my by die OR Tambo lughawe. Die vliegtuie is darem baie groot! En is ek nie gelukkig nie: ek het nou al 4 keer retoer gevlieg!!!!!!!!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiow9ISasNIMPyrIx0ZwodzDkdOzS2iSon0WFqmE8Zf6AeIHdbjZMCmGahu98dDkdQhx67AmHBhb17DXyGib38OF7th9Y5nwU5666D7NWjDdUTdNNG6HLICcj5hk5Hl4Is4yCuYh77aC4fZ/s320/IMG00482-20110831-0941.jpg)
Hier is 'n foto net nadat ek uit teater gekom het en van die narkose wakker geword het!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi2lKcXyuHmW4FfvdkwW69D6OUGehhzaJWPOAIY1vDmR0Uu7JyOlLfaspQP6RDDl5Yq1EAR5IkxIPv6ZvaIq7nCmTJapoa_RHU0hvgiNN-I7h1xl2szK-MdNOXRdp4p7BP-HtSWAWMXX0hg/s320/Liezelff.jpg)
Ek het saam met Mamma en Oupa en Ouma Vrydag met die Gautrein gery tot my Mandela Square - toe moes ons dit vandag weer doen sodat Pappa ook kan voel hoe dit is! Dis baie vinnig en ek is mal daaroor!
Ons het toe sommer die rugby van Springbokke teen Wallis daar gekyk - en toe wen ons darem lekker! Ons hou nou duime vas vir die res van die World Cup!
Baie lief vir julle - antwoord tog 'n bietjie!
Francois
xxxxxxxx