Hallo Julle Almal
Ek kan nie glo my mamma en pappa het alweer so lanklaas vir julle getik nie!! Ek vra groot jammer namens hulle!
Hier is foto's van my by ons Kersboom en van my geskenke - dit was so lekker hierdie jaar om dit oop te maak! Ek het baie mooi goedjies gekry!
My Tannie Charlene en oom Ian van Klerksdorp was Kersdag saam ons. Ons het heerlik gekuier
en geswem. Ek hoop rerig ek gaan my nefies hierdie jaar bietjie meer sien. Kyk net hoe het ons Dracula-tande in ons monde gesit! Die grootmense was maar lekker bang vir ons!
Ons het die dag na Kersfees met 'n groot vliegtuig gevlieg - dit was 'n verrassing van Pappa af! Dit vlieg baie hoog en baie vinnig!! Dis die tweede keer wat ek vlieg, maar die vorige keer was ek nog 'n babatjie en kan nie eintlik daarvan onthou nie. Ek het eintlik baie stil gesit in die vliegtuig!
Hier is ek by my oom Hein, tannie Ashley en Lindsey op die lughawe. Dit was BAIE LEKKER om hulle ook weer te sien! Ek het my oom gehelp met teelwerk by die swembad.
En hier is dit by my partytjie, die Saterdag daarna. Dit was sommer 'n heerlike dag - 'n Konstruksiepartytjie!! Almal het geel hoedjies gekry om te dra. Ons het springkasteel gespring en geswem en sommer net gejol!
Hoop julle het nou al die foto's geniet!! Ek mis vir julle en is so lief vir julle almal! Ek gee my mamma en pappa deesdae die lekkerste drukkies!!!!
Lekker week verder en skryf vir my!
Baie liefdetjies,
Francois
xxxxxxx
No comments:
Post a Comment