Sunday, February 20, 2011

Februarie 2011


Hallo Julle Almal!


Dit gaan sommer baie goed met my! Ek raak groot, maar ek eet al hoe minder ... My mamma raak gryser by die dag oordat ek nie wil eet nie. Selfs Maria is nou al bekommerd en sukkel haar lam om iets in my te kry. Maar as ek besluit ek wil nie eet nie, dan doen ek dit nie!


Ons was vandag by 'n parkie of speelterrein of wat mens dit ookal noem in Rooihuiskraal. Daar is 'n klomp diere - konyntjies veral! Het ek julle



al vertel dat daar 'n konyntjie onder ons Wendy-huisie bly? Hy het weggeloop by sy mense en nou bly hy by ons! Hy is eintlik al baie makker en die katte jaag hom ook nie.






By die plek waar ons was is reuse skilpaaie, eende, kraanvoels!!, koeie, skape, volstruise (dit ken ek nou al goed), eekhorinkies en nog ander diere!










Ek het selfs kossies vir die Pappa-Rendier gegee! Hy het lekker by my geeet, maar wou nie speel nie. Hy wou my jaag met sy groot horings! My pappa se hierdie bokke is eintlik nie van Suid-Afrika nie, maar hulle is baie mooi vir my. Hulle trek Kersvader se slee!







Ek hou nogal van 'n telefoon. Ek tel dit gereeld op en maak asof ek met my oumas en oupas praat, maar as hulle rerig met my wil praat, dan se ek niks, ek smile net die heeltyd!










Sjoe, my pappa het vir hom 'n baie mooi fiets gekoop! Hy ry graag oor naweke as hy tyd kry. My fietsie is ook rooi en swart en wit soos syne, maar syne is baie groter!

























Ek is vreeslik lief vir my swaaie - ek wil sommer heeldag swaai (en natuurlik op my trampolien ook spring). Maria swaai my sommer vroeg soggens, en as Mamma smiddae by die huis kom, kry sy ons alweer op die swaaie!



Ek het julle mos vertel ek gee sulke lekker drukkies en soentjies - hier het ek vir Pappa 'n lekker druk gegee terwyl hy goed wou print!


Julle moet asb vir my terugskryf - niemand het laas geantwoord nie en my hartjie is nogal seer ...


Baie lief vir julle!

Francois

xxxxxxx


1 comment:

Ronél Loubser said...

Hallo Francois, ja skuus ek het lanklaas teruggeskryf, maar Roche, dis nou my oudste kind is hierdie jaar graad 1 toe by die "groot" skool en dit hou ons lekker besig. Skoolgaan is nie grappies nie.
Jy is nou al 'n groot seun, jul moet 'n slag in die Paarl ook 'n draai maak as jul weer in die Kaap is of laat weet ons, dan kom ons na julle.
Daai groot fiets van pappa, is dit die een waarmee hy geval het. Ai tog julle moet versigtig ry en onthou altyd jou "helmet".
Stuur groete vir pappa en mamma en ons hoop regtig pappa is gou weer op die been.
Liefde van die Paarl, tannie Ronel