Friday, December 19, 2008

Al weer dokter toe

Mamma het my alweer gister dokter toe gevat. Tannie Jacquie was baie oulik en het vir Mamma gewys hoe groot ek nou is. Sy se ek weeg nou 2.22Kg. Sy se ek lyk nes Pappa. Sy het vir Mamma-hulle my baie hare gewys en gese dit is baie lank. Ek het al klaar 'n kuif en Pappa se ek het al klaar meer hare as hy.

Mamma rus gelukkig baie en ek kry baie tyd om mooi te groei. Mamma kry baie warm deur die dag en sy se haar rug is baie seer. Ek dink dit is ek wat haar seer maak. Ek voel so nou en dan iets hards as ek my bene probeer reguit maak. Mamma vat baie aan my as ek draai.

Pappa het nou die dag baie geskrik en het Mamma se tas gepak om hospitaal toe te gaan. Hulle se dit is waar hulle my gaan kry. Ek verstaan nie so lekker want ek is dan klaar in Mamma se maag. Die tas staan nou gereed.

Friday, December 5, 2008

Fotos van my mooiste Mamma


Na al die mense se versoeke om fotos van my Mamma te sien: hier is 'n paar. Mamma het dit Dinsdagaand laat neem. Tannie Jacky (ons dokter) se ek is in die bult onder die blomme. Ek weet darem nie of ek alleen Mamma se maag so groot kan maak nie. Miskien was dit maar so, ek weet nie. Mamma wou eers nie gaan vir hierdie foto's nie, maar ek dink ek het die mooiste mamma.


Woensdagaand het die mense van mamma en pappa se selgroep vir Mamma 'n surprise (ja ek kan engels ook praat ek is mos slim) babatee gehou. Ek het soveel oulike goedjies gekry. Ek weet sommer baie mense is al lief vir my al is ek nog hier binne.

Hierdie week was baie moeilik vir my en Mamma. Na die golf Sondag was my lyfie baie seer. Ek het nie lekker gevoel en Mamma moes Donderdag inni bed bly dat ek kan beter word. Dit was baie lekker. Ek en Mamma het heeldag gele. Ek kan nou weer vir Mamma lekker hard skop en ek beweeg nou weer baie rond. Pappa se hy kon gisteroggend my sien beweeg op die bult onder die blomme. Mamma gaan die heel naweek ook maar le dat ek kan groei.




Hierdie foto is van my Pappa en Mamma. Pappa praat so nou en dan met my maar ek weet nie altyd of hy met my praat nie. Partykeer praat hy met Francois (gedink dit is ek) maar ander kere se hy "Luke I'm your father". Dan raas Mamma met Pappa en se hy's nie in Star Wars nie. Ek is alleen hier binne so ek weet nie wie is Luke nie! Mamma se sy is baie opgewonde en kanni wag om my te sien nie. Ek is baie lief vir Mamma.

Monday, December 1, 2008

Wat laas week gebeur het


My Pappa was verlede week in Durban en die week voor dit inni Kaap. Dis hoekom ek nou eers kan skryf. Ek moet maar vashou hier binne - my Mamma hoop maar net ek kom nie uit as Pappa nie hier is nie.


Ek was verlede week weer by die dokter. Ek dink my Mamma en Pappa is bietjie te beskermend oor my. As ek nou al so baie dokter toe gaan wat gaan hulle doen as ek eers daar is? Tannie Jacky het weer die ding gebruik wat my ore seer maak. Sy het vir Mamma gese ek weeg nou al 1.55kg.


Ek en Mamma het gister golf gespeel. Ek het nie daarvan gehou nie en vir Mamma gevra om nie weer dit te doen nie. My beentjies is nou al lekker sterk en ek skop Mamma se ribbes lekker seer. Ek het nou die dag tot Pappa se hand weggeskop toe hy op my druk. Ek weet nie wat dink die mense nie. Hier is maar min plek hier binne en nou staan en druk hulle ook nog op my


Pappa het vandag my badjie klaar gemaak. Blykbaar is dit in my kamer ingebou in 'n kassie met die krane en alles! Ek sal hom vra om vir julle 'n foto op te sit.

Monday, November 17, 2008

Antenatal Classes

Saterdag het ons almal die hele dag geluister na hoe om na babatjies te kyk. My pappa was die enigste een met grys hare. Pappa se hy het nie geweet hoe hulle my moet bad nie en was bly dat hy daar was. Mamma het weer geleer hoe om my te laat eet. Sy wil glo borsvoed. Dit lyk maar 'n bietjie seer. Ek het gisteraand weer vir Mamma lekker wakker gehou. Ek sien sy het al kringe onder haar oe so ek sal maar probeer stil le vanaand al is ek wakker. Gister het 'n oulike oom en tannie met 'n snaakse aksent vir my die oulikste speeldiertjie gegee. Pappa se dit is 'n Kameel van Egipte af. Die oom en tannie het daar gaan kuier. Ek sal vir Pappa vra om vir julle 'n foto op te sit. Vandag is daar nog net 10 weke oor dan gaan 'n ander tannie my uithaal. Ek weet nog nie lekker wat dit beteken nie en hoop dit is nie te seer nie. More word 'n maatjie van my wat ek nog nie gesien het nie ook uitgehaal. Ons gaan glo lekker saam speel. Hulle het 'n swembad.

Thursday, November 13, 2008

Francois 4D Scan


Vandag het Mamma en Pappa my vir die eerste keer rerig gesien. Ek het glo Pappa se neus en lyk soos hy. Mamma sal maar moet wag tot ek uit is voor sy kan sien wat ek van haar geerf het. Miskien is ek ook blas met donker hare - wie weet. Ek skop vir Mamma lekker in die aand en ek en sy gesels lekker hier 2 uur inni oggend. Ek weet nie hoekom sy so kla hieroor ek geniet dit nogal om wakker te wees so vroeg. Die voeltjies begin amper sing en dit is vir my baie mooi. Mamma ry baie deur die dag en klim baie in en uit en ek weet nie hoekom. Ek wens sy wil bietjie rustig raak. Ek sukkel om te groei as sy so baie rondloop. Nou moet ek eers weer gaan slaap. Ons praat more weer. Francois