Monday, November 17, 2008
Antenatal Classes
Saterdag het ons almal die hele dag geluister na hoe om na babatjies te kyk. My pappa was die enigste een met grys hare. Pappa se hy het nie geweet hoe hulle my moet bad nie en was bly dat hy daar was. Mamma het weer geleer hoe om my te laat eet. Sy wil glo borsvoed. Dit lyk maar 'n bietjie seer. Ek het gisteraand weer vir Mamma lekker wakker gehou. Ek sien sy het al kringe onder haar oe so ek sal maar probeer stil le vanaand al is ek wakker. Gister het 'n oulike oom en tannie met 'n snaakse aksent vir my die oulikste speeldiertjie gegee. Pappa se dit is 'n Kameel van Egipte af. Die oom en tannie het daar gaan kuier. Ek sal vir Pappa vra om vir julle 'n foto op te sit. Vandag is daar nog net 10 weke oor dan gaan 'n ander tannie my uithaal. Ek weet nog nie lekker wat dit beteken nie en hoop dit is nie te seer nie. More word 'n maatjie van my wat ek nog nie gesien het nie ook uitgehaal. Ons gaan glo lekker saam speel. Hulle het 'n swembad.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Francois, klink my mamma en pappa is nou slim genoeg en klink my die kamer is ook al reg so jy kan maar kom, maar wag tog maar tot Januarie, dis nie lekker om so naby Kersfees te verjaar nie. Hou aan om jou skoppe te oefen. Groete tannie Ronél en die Loubsers van die Paarl
Post a Comment