Na al die mense se versoeke om fotos van my Mamma te sien: hier is 'n paar. Mamma het dit Dinsdagaand laat neem. Tannie Jacky (ons dokter) se ek is in die bult onder die blomme. Ek weet darem nie of ek alleen Mamma se maag so groot kan maak nie. Miskien was dit maar so, ek weet nie. Mamma wou eers nie gaan vir hierdie foto's nie, maar ek dink ek het die mooiste mamma.
Woensdagaand het die mense van mamma en pappa se selgroep vir Mamma 'n surprise (ja ek kan engels ook praat ek is mos slim) babatee gehou. Ek het soveel oulike goedjies gekry. Ek weet sommer baie mense is al lief vir my al is ek nog hier binne.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiDPAQDG6n4yy0Fg8S3LezYZ5r-l3Se-S0maXV_q5P3RHNbWMB20W2qpHIekfdbYUEhcbazRcLuJUQbLUkx7buuypusLn7iD3kBPUqVfzskPv6yCOHXwyY2ATVNb3ritYaFJEKIh-besqU7/s200/liezel+swanger+rooi+tulpe.jpg)
Hierdie foto is van my Pappa en Mamma. Pappa praat so nou en dan met my maar ek weet nie altyd of hy met my praat nie. Partykeer praat hy met Francois (gedink dit is ek) maar ander kere se hy "Luke I'm your father". Dan raas Mamma met Pappa en se hy's nie in Star Wars nie. Ek is alleen hier binne so ek weet nie wie is Luke nie! Mamma se sy is baie opgewonde en kanni wag om my te sien nie. Ek is baie lief vir Mamma.
1 comment:
Mamma jy lyk stunning. Francois jy is 'n gelukkig seuntjie en gee mamma bietjie rus oor Kersfees, alhoewel sy moet die min slaap kan hanteer.
Heerlike Kersfees vir die Jouberts volgende jaar is julle een meer. Liefde Ronel
Post a Comment