More is ek twee wekies oud. Mamma en Pappa is nou al baie goed om na my te kyk. Mamma het eers gesukkel om my kossies te gee in die aand. Sy is nou al baie goed. Pappa is nog die beste om my windjies uit te vryf. Hy sukkel nog om my te bad en is bang ek val of breek. Mamma is baie goed en ek hou daarvan as sy my bad.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhdtYhTChbup5_mgeOPAbkShtIA4tmWT7qDWcpQ2sroVyZ1l9JxGGmp_ANOthEDi7dqumW4Du6B62l3WEz4H-kxlYXQru_Qd9VDgUAT99ps65aTN1b6W4l_PJ1SiK4nt8k13LHvaTEhmP99/s200/100_0409.jpg)
Ek slaap nog baie. Mamma gee my so elke 2.5 tot 4 ure kos. Ek dink ek weet nog nie wanneer Mamma en Pappa wil slaap nie. Hulle se ek moet korter slaap in die dag en dan eerder vier ure in die nag. Ek weet nog nie wat hulle bedoel nie. Wat is dag en wat is nag?
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhMKISMUQOEuWd2CmK6LNDc2wzklE0yIDQzZmjwpZFFW6Dyrj2d7eMYr2SzqMXElMG69nQL_2rMLm1Q6_a_FO6IWRgzwPOJMTsRMJmB_1Pytj4Uwaboc4jhsgPQ0xx-xzGAOf79ioHfVBsR/s200/100_0407.jpg)
Pappa en Mamma hou baie daarvan om my te soen. Mamma se sy gee my liefies. Ek het gesien as ek bietjie huil dan tel Mamma of Pappa my lekker op. Ek hou daarvan so partykeer huil ek sommer net om bietjie opgetel te word en om LIEFIES te kry van Mamma. In die aande le ek lekker op Pappa se bors en slaap. As hy my neer sit dan huil ek net weer. Pappa tel my dan vinnig weer op.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi_J-p9LqPQuhzNbZaTMx3VPCc-44fyMPUL64xVCm7_wxgAPs83g__0m1-u790R6kVDpKdy3Ehn61z-hLA-dDsXxpS-WStel6tKP52NZbuMLpKPCdBwAG2z7v5PU0K3ILEW7d_u6Dh9tNte/s200/100_0398.jpg)
Mamma se ek is die mooiste babatjie. Sy se sy gaan my opvry. Ek begin nou al rondkyk as ek nie meer wil slaap nie. Dit is nogal lekker. Mieka (die wit katjie) het gisteraand styf teen die kussing wat agter my rug was, gele en slaap. Mamma se sy hou nie daarvan nie. Pappa se weer dit is oulik van sy wit "dogtertjie". Pappa ruil baie my doeke om. Hy sukkel nog, want elke keer as hy dit doen, piepie ek hom nat. Mamma is beter daarmee.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj77_8z07SZvhyphenhyphenoH6b45MbCNNxPBd2SkBdn3PHsNrmJ8uM0rQBAlktBLh9TVKDOrDpmDJbGlofyMUMBj3a6eKvJlTJZDIwTx_U_kBeoIWPtPF7d3x9GiYtrvOvKVIH2hS8rqrQPusNoEYRN/s200/100_0390.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiZ18Pdckb8ZsMr2MeemzMnSxmmaPo3Ww-BoZ51OtL1LnoLtGXp3ZVlgz0CUu-3SXrLrWQHPHVRXxOV1pC2Tyy_ye-A3ijmwUUA2LFv5vCECF5V9rkQE8dAbN5_6O7dESUucVE_gOrGLOIO/s200/100_0400.jpg)
Mamma smeer my room wat lekker ruik na ek gebad het. Sy se sy wens my naeltjie wil nou afval. Ek wil dit nie he nie want dan gaan daar 'n gat in my maag wees. Ek hoop nie dit gebeur nie. Mamma maak seker maar net 'n grappie met my.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjiGjztWBmgKPRX2fZfMAGD-xiRVlRo30JBK30DzskQuLL9THGJiPL5mxjDQkKlpGgAGbHv73NDsaq2_Cb8TzXHSWUVHbFikVtYVpPuuFoMqNabPPSruXcVr8Gs7RFCYJLiQ0qX8FfZ2HV7/s200/100_0412.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhFoqKe1Ybsz1OIJ8SxMJygXqTiXtAVBvmIzC4tXbDzsb9R22ULy3b0aj9sL9uIaq_HZDvVaExgonQrVBcRJx7KJlVPVUkTVgavwI8HEBFMgdWOB5i_t9UbC_xNqSkW0kZ4T8icMTlA2ozM/s200/100_0418.jpg)
Pappa het hierdie foto van my en Mamma geneem. Dit is my kamer. Ek het nog nie een aand daar geslaap nie. Ek slaap baie lekkerder styf teen Mamma. Ek het dit nie geglo toe Mamma se ek is in die knop by haar maag nie. As ek nou kyk hoe plat Mamma se maag is, was dit seker waar. My Mamma lyk pragtig hier.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhbABHQhbhyoXPe9TY7-wkRtxiBpno7QLbvSK_0bjmgbgyPa6M80b8MvEs9b-TCRBCJig1998IAwXHpdx2n-S0dYmhIyRTho_w0-CSo2-gA6mFhOzq6oKoygXCYKxkTV-0I2XS6m_5bm44u/s200/100_0422.jpg)
Ek het die laaste twee daggies baie krampies gehad. Ek slaap so uur na Mamma my kos gegee het, dan pla die krampies my en ek begin huil. Pappa skud dan die windjies uit. Hy ruil dan ook my doek. Dit is dan wanneer ek hom nat piepie. Ek is nou eers weer reg vir slaapies.
FRANCOIS
No comments:
Post a Comment