Pappa het laas week by my en Mamma gebly. Ons het baie lekker gespeel. Pappa het min geslaap maar hy het lekker met my gesels vroeg in die oggend. Mamma het hom party oggende jammer gekry dan laat sy hom maar slaap. Dan speel ek en sy maar alleen. Pappa is nog steeds die beste om my windjies uit te kry. Mamma weer is die beste met borsvoed. Ek het laas week weer 100g opgetel. Dit klink maar min maar dit is moeilik vir my om soveel op te tel. Julle kan sien hier is my arm en beentjies maar baie maer.
Pappa moes vandag weer gaan werk. Hy het baie hartseer gelyk vanoggend toe hy moes baai se. Ek was baie soet vandag en het nie vir Mamma gepla nie. Mamma is baie lief vir my. Sy se heeldag dat ek die mooiste seuntjie is. Sy gee my ook baie liefies.
Dit was baie koud laas week. Vandag was die eerstekeer dat Mamma vir my kon kort kleretjies aantrek. Ek en Mamma het ook baie ver gestap vandag. Mamma het gestap en my in my waentjie gestoot. Ek het eintlik maar net geslaap. Hier onder het ek vir die eerste keer in my kot geslaap. Dit was baie lekker. EK hou steeds meer daarvan om by Pappa en Mamma in die bed te slaap.
Pappa het my kamer baie mooi gemaak. Ek bad baie lekker in sy badjie. Meeste van die tyd skrik ek as Mamma my uittrek om te bad, dan huil ek baie. Dit is darem baie lekker om skoon te wees. Ek sal gou weer skryf maar nou roep Mamma my om te kom drink en slaap.
Lief julle!!!!
FRANCOIS
No comments:
Post a Comment