Sjoe wat 'n week! Ek het so baie om vir julle te vertel! Pappa se ek moet asb vir al my "FANS" jammer se dat ons so lanklaas geskryf het. Ek kan sien Pappa sukkel met die min slaap. Ek weet nie hoekom hy kla nie. Ek is dan lekker uitgerus. Pappa was ook so een of twee keer nie baie vriendelik as ek of Mamma hom 2 uur of 4 uur die oggend wakker maak nie. Hy verstaan nie dat ek dan honger is en lekker geslaap het nie!
Mamma het baie geskrik so twee weke terug. Sy het my laat weeg en toe het ek net 60 gram opgetel vir die week. Mamma het baie gehuil. Mamma het toe begin om my kossies met 'n snaakse masjien bymekaar te maak. Hulle gee dit nou vir my in 'n snaakse bottel. Ek moet nog steeds vrek hard suig om dit uit te kry. Ek het toe sommer 450 gram opgetel in net 5 daggies. Mamma het sommer weer begin huil! Ek dink Mamma huil maklik as dit met my te doen het. Mamma se sy't gehuil omdat ek so mooi opgetel het - grootmense is maar snaaks!!!
Hier is ek presies vier wekes oud! Dit was al amper 'n week terug. More is ek al 5 weke. Een van die dae moet ek begin werk. Ek is sommer moeg as ek net daaraan dink...
Mamma se baie vir my ek is die mooiste seuntjie! Sy gee my nou ekstra liefies omdat ek nie meer aanmekaar aan haar tietie drink nie. Sy gebruik mos die schooee schooee masjien om dit uit te kry.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj407Ub4OrCWwvXELdty2EMugbWFuOzp-r1pGUC0DvZBeYK40ZAgr1-mamTVwBSA5WI7qCl54gOnFl9eGEh6bdloKIGnI2m3RNaW8F8Z_qYQ2PXjnkKKh6CNxpoaZi3E1mmecEbp75BAsRh/s200/100_0473.jpg)
Mamma vra baie vir Pappa om my doeke te ruil,want hy is baie goed daarmee! Ek's baie lief vir my Pappa en Mamma. Ek het gisteraand weer vir Mamma gevang! Sy het my doek geruil en toe piepie ek myself lekker nat. Mamma was seker maar baie moeg want dit was 3 uur die oggend. (Mamma is baie beter as Pappa in die nag - Pappa hoor my nie eers huil nie.)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjDslnxPUHqdFj8eB7ZmKduCzi87W_7HpRhOGq0t9fl1aWuRbcqu0MIhMEJmgh0xU4cs0gYMrKo5PEFjZR0wehjuc4p3QoCgQQ-oXPI134pe7uANJgsAf-CGOni9yNyBGVEUUCJvTh1zxMN/s200/100_0493b.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhK4KaOn5JTTQbyKwevjNORjgxVp7e-fUJsojc6Ct1nRlVFsPcFAjOGuLRPhsqFlaRrisriSOaa8vt3Y3PyTerFJvsTZNlc5_6wEVUSEAS0DEmeMlcZPDc6NfzAbExTY4vBtcsC913sPSEQ/s200/100_0471.jpg)
Op my kleertjies is 'n prentjie van 'n Zebra. Ek weet nie wat 'n Zebra is nie. Pappa het belowe om my te wys as ek bietjie groter is. 'n Tannie wat saam met Pappa werk het die klerepakkie vir my gegee.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgShEfQy_hBvH6wZ32C0GBvL3oOoiZc2DBhoSBpxb8eV3yre42-ggoRrdYSDjW_S4yaDRWRkxAXxbioBvBcyS1tLmF66-RN6Zjy0fsQlMDJcG0Ka96wCBxXNifF6cjlze-ZTO-ne2WBCs0H/s200/100_0479.jpg)
Mamma se baie vir my ek is die mooiste seuntjie! Sy gee my nou ekstra liefies omdat ek nie meer aanmekaar aan haar tietie drink nie. Sy gebruik mos die schooee schooee masjien om dit uit te kry.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj407Ub4OrCWwvXELdty2EMugbWFuOzp-r1pGUC0DvZBeYK40ZAgr1-mamTVwBSA5WI7qCl54gOnFl9eGEh6bdloKIGnI2m3RNaW8F8Z_qYQ2PXjnkKKh6CNxpoaZi3E1mmecEbp75BAsRh/s200/100_0473.jpg)
Mamma vra baie vir Pappa om my doeke te ruil,want hy is baie goed daarmee! Ek's baie lief vir my Pappa en Mamma. Ek het gisteraand weer vir Mamma gevang! Sy het my doek geruil en toe piepie ek myself lekker nat. Mamma was seker maar baie moeg want dit was 3 uur die oggend. (Mamma is baie beter as Pappa in die nag - Pappa hoor my nie eers huil nie.)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjDslnxPUHqdFj8eB7ZmKduCzi87W_7HpRhOGq0t9fl1aWuRbcqu0MIhMEJmgh0xU4cs0gYMrKo5PEFjZR0wehjuc4p3QoCgQQ-oXPI134pe7uANJgsAf-CGOni9yNyBGVEUUCJvTh1zxMN/s200/100_0493b.jpg)
Hier is my "vermaanding". Mamma het hierdie woord gemaak net vir my. Sy se almal ken 'n verjaarsdag. Maar as jy so klein is soos ek dan is jou vermaanding baie belangrik. Sjoe my Mamma is slim!
Hier is 'n foto van ons almal op my vermaanding!!!! Pappa lyk baie moeg ne!!!
My kleertjies wat ek aan het 'n baie oulike oom en tannie by Mamma-hulle se sel vir my gegee. Mamma en Pappa het baie oulike mense in hulle sel. Ons was ook vandag vir die eerste keer as 'n gesin in die kerk. Mamma se Pappa het niks geluister - hy het my die heeltyd vasgehou. Dit was baie lekker! Daar was baie babatjies in die kerk. Die oom wat so baie gepraat het, het hulle sommer daar voor gebad. Mamma doen dit elke dag met my as sy my hare was. Ek wonder of hulle Mammas vergeet het om hulle te bad voor hulle kerk toe gekom het. Pappa het vir my verduidelik van doop. Ek kan nie wag om ook gedoop te word nie - want ek is deel van God se verbond! Hy het my vir Pappa en Mamma gegee.
My ander Ouma en Oupa het gister kom kuier. Ek het hulle nog nooit gesien nie. Dit is my Pappa se Mamma. Hier gee Ouma vir my van Mamma se kossies. Ek hoop hulle kom gou weer kuier.
Hier sit ek by Oupa. Ek huil lekker! Babatjies soos ek huil maar partykeer - ons oefen maar net ons longetjies. Oupa is bang om babatjies soos ek vas te hou. Sy ogies werk nie en hy's bang hy maak my seer!!!
Liefies vir julle almal!!!
FRANCOIS
No comments:
Post a Comment