Hallo Almal
Ek is vandag AGT WEKIES oud!!! Ek kan nie glo ek word so groot nie. Dit was baie lekker in Mamma se maag, maar dit is darem baie lekkerder om vir my Mamma en Pappa te kan smile! Ek het Saterdag heeloggend vir Pappa gesmile, hy was so bly!! Ek moet dit maar meer doen!
Vanoggend was ek vir die derde keer by die chiro!! Dr Nana se alles gaan goed. Hy moes weer my pelvis skuif. Ek voel nou sommer baie beter.
Pappa probeer nou die eerste skof vat om na my te kyk, ek dink hy is baie slim want ek slaap beter tot drie uur in die oggend (ek word so 3 keer wakker vir melkies). Mamma speel dan met my van drie uur; ek wil nie dan weer slaap nie. Ek hou dan veral van die ligte aan (ek skree lekker as sy dit afskakel!) en dan kyk ek vir 2 prentjies teen die muur!
Ek het Donderdag 4,75kg geweeg. Mamma was baie bly! Sy het darem nie weer gehuil nie. Ek dink dis 'n goeie teken. Mamma het laasweek vir my nuwe bottels gekoop. Ek dink 'n dokter het dit gemaak, op die boks staan daar Dr Brown. Ek drink baie lekker, sluk minder winde en my mondjie raak nie so moeg nie. Ek dink Pappa is baie bly hieroor want nou hoef hy nie meer so baie winde uit te skud 3 uur in die oggend nie!
Saterdag het Pappa en Mamma my na 'n troue gevat. Dit is glo wanneer twee mense baie lief is vir mekaar en ook 'n pappa en mamma wil word. Ek was stroopsoet!! Mamma kon nie glo dit is ek nie. Pappa het my nie eers medisyne gegee nie! Ek wou net vir almal wys watse goeie ouers Pappa en Mamma is. Ek het toe maar opgemaak, en die hele Sondagmiddag gehuil! Pappa het nie meer geweet wat om met my te doen nie, toe gaan stap hy maar met my op die golfbaan. Ek het toe baie lekker geslaap.
Pappa gaan Vrydag Durban toe. Ek en Mamma gaan dan alleen by die huis wees. Pappa is baie bekommerd dat Mamma baie moeg gaan wees. Hy kom darem Saterdag weer terug!
Liefies vir julle,
FRANCOIS
PS: Baie dankie vir tannie Ronel van die Paarl (ek weet nie waar dit is nie) wat elke keer vir my ietsie terug skryf. Dit is baie lekker om altyd haar boodskappies te lees!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment