![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiJwwDpFbsdiJEL2bbpzhrjrVPwyYUGOY5zu0FBoy8eyxz2OycshzDHjKPUmj-oGXfgoFsEnm4yI8fx2_yN1aGvoKVlHWxXyJB4S6VkUebNToajXyPbRI8MLaQDmMeFbdVMnrvlNEvadnoH/s200/100_0326.jpg)
Pappa het gese ek moet hierdie foto weer vir julle wys sodat almal kan sien dat Mamma my genoeg kossies gee. Hierdie was dag een. Pappa se ek was omtrent 2 uur oud hier. As julle na die volgende fototjie kyk, sal julle sien hoe groot ek nou is!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgjqytv8Dr7VqvswNeRXlZGJUVYNbmOgsfYriMM8NCCPJrqcl0s0fI8AZGHRnQ3qqMptSnuxrVyfbPW154hV_mIntrrsJ97k2abJehIIhb7brBl4-iF8IxOmPgWkaKetwM68e_IWkWMJrpq/s200/100_0522.jpg)
Ek het laas week 4.35kg geweeg! Mamma gaan my more weer weeg.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjLmAe6adD_Ko5RDwvMn5eHsHRozkcx_8W5_9ykL5iyDEYO5DWRcTrad2us9WxMnWwPdBiC8qdGG9OhlKY7Nsa1rrukKMlMshukAd3V7mLOntucT5CJbACCr0rz0BbVl0tMRslAexrUhpKb/s200/100_0539.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhuuNyqXGKiINvGAco1PV4ncK0gfd0J__eCWAoBXR_yWIMIM-kL9cAVmaeLql0gyKMunJbBlXMhwgQNyaLjGZDMG_iw0wMkC6j-xpOIquceHZYKOYSCwcWFBhQwmdPyjU4__0Okz4bmNlxs/s200/100_0519.jpg)
(Ek dink Pappa kry maar swaar,want hy lyk baie moeg. Ek dink hy gaan lekker rus as ons by Ouma en Oupa gaan kuier! Maar hy gaan baie erg verlang ...)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj0AdXqQOq9052cclM425dMp0pPoiGApz8VWIPT_b1yqIKPCPTbSuLEpreojTZeW9GXhWyA9mnLZzKCobOX0jPb3uQIyZJ8IMmLJzYgPampOdsEP30RDe84tGLs8gkjQyDETQuKDHeC1upG/s200/100_0517.jpg)
Pappa was baie hartseer; ek het vir Mamma geglimlag toe ek net vyf wekies en twee daggies oud was! Pappa het elke dag probeer dat ek vir hom ook moet smile, maar ek wou nie. Ek het iewers gehoor as mens langer wag vir iets dan waardeer mens dit meer(Pappa het my gehelp met die groot woorde). Ek het vir tannie Daleen, my dokter, en ook vir Maria gesmile, maar nie vir Pappa. Gisteraand het Pappa na my gekyk. Hy het baie moeg gelyk en toe smile ek maar vir hom sodat hy moet beter voel. Hy wou my opeet, maar Mamma het vir hom gese hy mag nie hard met my praat in die aand, want dan slaap ek nie weer, so hy het my net 'n drukkie gegee. Ek kon sien in sy oe dat hy baie bly was!
Hier rus ek so bietjie nadat ek heeldag geoefen het vir die Springbokke. Pappa se hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry. Pappa se dit sou beter wees as ek darem kon wag tot ek twee is voor ek vir hulle speel. Pappa se hy kry hulle ook maar jammer so ek mag hulle maar uit help! My niggie in die Kaap, Lindsey, het hierdie hempie vir my gestuur. Ek kan nie wag om haar te ontmoet nie!
Ek moet net noem dat ek na 'n chiropraktisyn (groot woord!) was vir my koliek. Die dokter "skiet" my werwels met so 'n snaakse masjientjie - dit maak dat my beentjies weer ewe lank word. Ek het daardie dag sommer lekker geslaap, maar die krampies is nog erg, so ek gaan more weer na hom toe. Hou duime vas!
Ek het vandag vir Pappa 'n boek gekoop! Mamma se hy hou van oom Wilbur Smith se boeke en dit is sy nuwe een.
Ek sal nie weer solank wag voor ek skryf, dit is baie lekker om vir julle almal te vertel hoe dit met my gaan. Liefies vir julle almal en onthou om vir my ook te skryf!FRANCOIS
1 comment:
Meneertjie maar jy word omtrent vinnig groot! Ek kan nog nie besluit na wie jy lyk nie, maar gelukkig het jy 'n baie mooi mamma en pappa.
Lindsay het baie goeie smaak in klere, julle gaan mekaar seker binnekort ontmoet. Jy moet ook laat weet wanneer jy in die Kaap is sodat ons klomp van die Paarl jou ook kan ontmoet.
Sterkte by die chiropraktisyn - hulle weet darem wat hulle doen en as dit help om lekker te slaap, geniet dit - mamma kry dan ook 'n ruskans.
Jy moet soet wees en stuur groete vir mamma en pappa.
Post a Comment