Hallo Almal
More word ek tien wekies oud. Pappa is baie bly want hulle se op 12 weke is die koliek verby. Ek moet darem se ek het nie meer so seer nie. Die krampies is baie beter en Mamma se ek is omtrent 95% beter. Ek weet nie - ek weet net ek voel baie beter!
Ek kan nie glo ek is al tien wekies oud! Hier is fotos van toe ek agt wekies oud was. Pappa het ook foto's van my geneem toe ek twee maande oud was. Pappa wil dit in 'n baie mooi raam sit wat iemand vir my gegee het.
Mamma hou baie van hierdie hempie. Ek weet ek is baie mooier as Pappa, Pappa se self so!!
Ek was baie besig verlede naweek! Pappa en Mamma het my na tannie Petro se verjaarsdag gevat. Almal wou my net graag vashou.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEge4fNshzLBVoGy6VpSuwIR5YQ8IpHLUSbAd8sdfiJUqaaHBlGCBBPtUnIAM_w0NPb_jpQ7D7K2rzHdtnV_m5rDt3nb_XnEjsDlm8wPvIpk9GZGjcHlSpL8a4C2M53UKLryu1aNHs27asrC/s320/100_0555.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhzlXeevYUYKic1AKSH9OnIKSC3Uj3Sqxkka8LOvF7QWrjH5Jcu_r7qTJYCX4nJAZ8hToHYuyk6FOHKPj62OokQ48RP7kUaNiHBnA7hif2E02vC2vwS1uXrY2a9Te7WXCUUwHfze9wtdBwM/s320/100_0556.jpg)
Pappa het vir tannie Suzaan gevra om van my 'n foto te neem as ek smile. Pappa kon dit nog nooit reg kry nie!! Tannie Suzaan was baie oulik en het die foto hieronder van my geneem. Ek dink ook ek lyk pragtig op die foto!!
Sondag voor ons na Oupa en Ouma gevlieg het, het Her (hy't gese ek mag hom nie oom noem al is hy Pappa se broer) vir my kom kuier! Hy het vir my baie presente gebring. Ek dink ek gaan baie van hom hou. Hy het vir my 'n POOPERMAN hempie gegee - ek het dit sommer gou ingelyf!! Mamma moes toe maar vir my weer nuwe klere aantrek. Ek dink Pappa het my doek nie lekker aangetrek nie.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjTukRyUuGbwHN-ElKCer6mOzKXhy-YnnTbrCXxXGIWp9ywE8RlCOC0aFSUMB141VmnF4bN5SuOIx2JjetqmgWWPHJ8N3dg2wMuVmS5gh19eY7A00Sseu9pIOi41caLfAoqHxOSHtdF3gnC/s320/100_0561.jpg)
Hier is ek en Her. Sjoe ek het gedog Pappa is grys maar Her het niks hare! Hy's seker baie ouer as Pappa!!! Ek gaan seker die eerste Joubert-man wees wat hare het - en met 'n kleur!
Maandag 30 Maart het ons toe uiteindelik by die lughawe uitgekom. Ek het moes vroeer vir julle gese dit is waar vliegtuie bymekaar kom. Pappa het vir ons kaartjies gekoop om na Oupa en Ouma te gaan. Ek was baie bang!! Mamma was ook; sy het baie mooi na my gekyk. Sy was so besig om na my om te sien dat sy nie foto's geneem het van my eerste keer op die lughawe nie. Dit was nogal lekker om te vlieg. Dit was net baie lank. Mamma het later vir my gese dat die vliegtuig laat was. Ons het eers 1 uur later opgestyg. Ek was baie soet en het geslaap vandat ons gery het by die huis tot ons by Ouma-hulle gekom het. Ek was baie moeg. Ek dink nie Mamma kon slaap nie - sy het baie moeg gelyk toe ons die aand gaan le het!!
Pappa het toe Donderdag deurgery. Hy se hy het van 4 uur die oggend to 16H30 die middag gery. Ek het nie geweet hoe lank dit is nie - Pappa se toe dit is omtrent 5 bottels vir my. Ek het hom baie jammer gekry. Ek was so bly om hom te sien dat ek heelaand met hom gespeel het. Ek dink Mamma was baie bly om bietjie te kon rus. Pappa se ek het sommer groot geword die drie dae wat hy my nie gesien het nie. Ek dink hy het sommer net vergeet hoe ek lyk.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiX83flIFcrUvajIHkeradbv5hcynQdMy0hNTNzR1-IwFMYvE29xIQxC4UVorNCjh2OSAs5jwTQnLNJtlXUfAYWGr9hzE4tIgZ-fPlTKl4MqZTWJSu627d757mVq7zTngzdwdbO7y6IAXML/s320/100_0571.jpg)
Saterdagmiddag het my oom en tannie van Vishoek ook vir my kom kuier. Dit is Mamma se broer. Ashley kyk baie mooi na my - dit is Hein (Mamma se broer) se vrou! Hier sit ek by my niggie Lindsey - sy hou my lekker vas! Sy't vir my 'n baie mooi serpie gebrei en die Springbokhempie gegee - ek is baie lief vir haar! Ek dink sy moet maar by ons kom bly - dan kan sy elke aand met my speel.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiX83flIFcrUvajIHkeradbv5hcynQdMy0hNTNzR1-IwFMYvE29xIQxC4UVorNCjh2OSAs5jwTQnLNJtlXUfAYWGr9hzE4tIgZ-fPlTKl4MqZTWJSu627d757mVq7zTngzdwdbO7y6IAXML/s320/100_0571.jpg)
Saterdagmiddag het my oom en tannie van Vishoek ook vir my kom kuier. Dit is Mamma se broer. Ashley kyk baie mooi na my - dit is Hein (Mamma se broer) se vrou! Hier sit ek by my niggie Lindsey - sy hou my lekker vas! Sy't vir my 'n baie mooi serpie gebrei en die Springbokhempie gegee - ek is baie lief vir haar! Ek dink sy moet maar by ons kom bly - dan kan sy elke aand met my speel.
Ons gaan die week na die KKNK kyk - ek weet nie wat dit is nie maar dit klink lekker. Mamma was vandag al daar maar Pappa en ek het by die huis gebly. Ek is baie lief vir my Pappa!!
Praat gou weer!!!
Liefies
Francois
2 comments:
Sjoe, sal dit nie lekker wees as Lindsey by julle kan bly nie, maar weet jy wat sal alles baie makliker maak - julle moet terug trek Kaap toe. Dan gaan ons ook kan sien hoe jy groot word en saam met jou speel.
Julle moet lekker kuier by oupa Johan en ouma Essie. Jy het al so baie gegroei vandat hulle jou laas gesien het. Ek is spyt ons is nie KKNK toe nie, want dan het ons jou ook ten minste in lewende lywe gesien. Ek sit my hoop op jou kuier in die Paarl - binnekort!!
Ons gaan ook bietjie see toe Paasnaweek saam met vriende en my kindertjies is mal oor die see - ek sal weer my hande vol he met hulle, maar ons sal lekker rus ook. Die see is 'n groot klomp water wat branders maak waarin jou pappa surf (hy moet maar verduidelik). Jy sal seker eers bietjie later kennis maak met die see.
Jy moet mamma nie so leeg suig nie (al pomp sy uit), sy moet eet - lyk my McDonald is te ver van julle af. Mamma lyk regtig goed.
Jy loop ook al lekker rond, met al die partytjies en goed, maar geniet dit, want mamma begin seker een of ander tyd weer werk of gaan sy voltyds na jou kyk - dit sal baie lekker wees. Wil jou nie slegte moed gee, maar meeste dagsorg(e), of skooltjies moet jy kompeteer met klomp ander babas en moet jy jou beurt afwag met alles. My kinders het darem nie te sleg ander kant uitgekom nie. Hier en daar 'n slegte manier aangeleer, maar dit sal ook regkom.
Geniet julle kuier en groete vir al die Jouberts en Coetzees.
Liefdegroete, tannie Ronel
Francois, ek hoop jy kry die post....want dit lyk my nie my comments wys nie...weet nie wat ek verkeerd doen nie....ek soek asb. jou mamma en pappa se sel.nrs. Vra asb. dat hulle dit vir my sms...
Jong, jy is 'n pragtige seuntjie!!!! Dit lyk darem of mamma en pappa vir jou genoeg kos gee, want jy groei vreeslik lekker. Jou nefies hier in die Paarl, Dawie en Gerrit eet net so mooi gesond en is self al 2 groot bullies.....kan nie wag om jou te ontmoet nie...Sjoe, so jy het sommer lekker na ouma en oupa toe, wat 'n heerlike vakansie'tjie....Ons sou een van die dae ook na Gerrit en Dawie se ouma-hulle gegaan het, maar dit lyk vir my Oom Floris se werk gaan dit nie nou toelaat nie...ons sal maar later moet plaas toe gaan. As jy groter word sal jy ook al die diere begin like en rond rits saam met mamma en pappa...
Luister jy moet verskriklik lekker kuier by ouma en oupa en gee lekker vet drukkies vir almal...
xxxLiefde
Tannie Karen
Post a Comment