Sunday, June 21, 2009

Ek sien my eerste HARLEY!!


Hallo julle almal!!


Hierdie week het dit al baie beter gegaan met die pappies. Maria het my elke oggend gevoer. Sy's dan baie trots as ek alles opeet.
Mamma het my vandag al twee lepeltjies pap ingekry!!





Dit is vrek koud hier! Mamma trek my lekker warm aan elke aand soos op hierdie foto! Partykeer kry ek bietjie warm - maar ek bly maar stil, wil nie he Mamma moet sleg voel nie!!

Gister was 'n groot dag hier. Hulle het 'n Harley-Davidson (Pappa het gehelp met die spelling) advertensie hier gemaak. Dit was die eerstekeer dat ek so iets gesien het. Hulle het op en af in ons straat gery! Een oulike ou het sy motorfiets ekstra geref toe hy my sien. Dit was baie hard en ek het geskrik - toe begin ek huil! Die tweede verby-ry was beter en ek kon nie my oe glo nie! Ek was dadelik verlief op die motorfietse!! Ek het vir Pappa gevra of ons ook so een kan kry, hy't gese ons sal maar 'n Harley fonds stig! Ek dink dit gaan dalk lank wees voor ons een kan kry. Mamma se dit is die enigste motorfiets wat Pappa mag koop. Mens ry mos nie vinnig op die goed nie. Ek wil baie graag een he!!

Hier staan ek en Pappa net na die Harleys die tweede keer verby ons is. Ek's bly Pappa het my dit gaan wys!
Ouma Helga (my Duitse buurtannie-ouma) het Vrydag vir my 'n swaai gebring. Pappa het dit Saterdag opgesit - in die huis!! Dit is so lekker. Ek het vandag daarin geeet en Pappa en Mamma kon saam Vadersdag middagete eet. Ek het amper vergeet - dit is VADERSDAG vandag! Ek is so bly vir my Pappa.
Ons het vir Pappa aftershave en 'n LCD Monitor vir sy werk gekoop! Mamma het my gehelp hiermee. Ek het die beste Pappa!
Lekker week en ek liefies julle almal.
ONTHOU MY DOOP SATERDAG 4 JULIE 2009!! LAAT WEET NET VIR MAMMA EN PAPPA AS JULLE KOM
FRANCOIS

2 comments:

Ronél Loubser said...

Jong ek sal 'n bydrae maak tot jou en pappa se Harley fonds mits julle vir my 'n beurt gaan gee al is ek net 'n passasier agterop. Motorfietse is maar gevaarlik, maar 'n Harley is seker oraait.

Ons sal ongelukkig nie by jou doop kan wees nie, maar weet dit sal vir julle gesin 'n onvergeetlike dag wees. Ek gaan wel vir jou ietsie pos.

Groete vir mamma en pappa.
Tannie Ronel van die Paarl

Karen said...

Hey dude! Nee wat jong, ek sal nou ongelukkig nie so gaaf wees soos tannie Ronel om deel te hê aan jou en pappa se harley-fonds nie! Ta Karen glad nie baie mal oor motorfietse nie, dit raas hopeloos te veel - sorry man....
Sjoe - ek neem aan jy is al gedoop en ta Karen en Oom Floris en die seuns bid vir jou al Liewe Jesus se liefde, vreugde, vrede en gesondheid toe.....Liewe Jesus gaan vir jou, mamma en pappa altyd mooi oppas!!!! Sou graag weer bietjie by julle wou kom kuier...
baie liefde
ta Karen