![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj9xSuAJfbe91al3mwAJD26Kfotcg02o0gQYnATxQ_SAPhxq2hxtL6fme9sN_svu-7q-9rA_iWQlwsijfnES4xiIKLuKSaWzaWMTWgdRQz_a-cnCILUKj9LUKiBmSCgq84JbW5iS260OesO/s320/100_0961.jpg)
Hallo Julle
Ons was die week weer by my fotograaf. Hier is 'n paar van ons foto's. Die eerste twee is waar ek vir die eerste keer BUTTERNUT geeet het. Dit is baie lekkerder as pappies. Mamma se sy gaan volgende week vir my SWEET POTATO gee(die week moet ek nog wortel probeer...). Ek hoop dit is ook lekker.
Nog net 4 slapies dan word ek gedoop! Pappa en Mamma kan nie meer wag nie. Daar kom soveel mense wat almal lief is vir my! Ek weet baie kan nie kom nie, maar hulle is ook lief vir my. My Ouma en Oupa van Oudtshoorn kom Donderdag - hulle bring my oulike niggie van die Kaap, Lindsey, saam! Ons gaan lekker speel!
Ek sal vir julle laat weet hoe dit gegaan het.
Lief Julle
FRANCOIS
2 comments:
Is dit julle of die fotograaf, geen twyfel die Jouberts wat die pragtige foto's maak. Julle lyk stunning. Sterkte met al julle doop reelings. Sou graag daar wou wees, maar ai dis net bietjie ver. Vroeg Maandag oggend sal ek kyk vir die foto's. Geniet dit en al ons liefde. Van die Loubsers in die Paarl.
O liewe land, maar die ge-etery lyk heerlik.....jou mamma lyk my moet dalk nog bietjie leer om nie vir jou sulke wit kleertjies aan te trek nie, maar dit lyk my jy like dit te veel om te mors..... Jy moet weet, eet raak net lekkerder!
liefde ta Karen
Post a Comment