Monday, June 15, 2009

My Eerste Pappies

Hallo julle

Sjoe, maar dit was 'n besige week vir my! Ek word nou mooi groot en doen iets nuut elke dag. Soos julle weet is Mamma terug by die werk en ek bly by Maria in die dag. Pappa se Maria speel net met my en sy kom nie by al haar ander werk uit nie. Hy gee nie om want ek weet hy wil net die beste he vir my! Ek slaap nou elke aand in my beertjie pakkies -soos op die foto!! Pappa se hy wil my net vashou as ek dit aanhet.



Soos julle kan sien - EK IS BAIE LIEF VIR MY PAPPA!! Hier le ons lekker en slaap. Pappa hou baie daarvan om my vas te hou en met my te speel. Hy maak altyd snaakse geluide en praat ook soos Donald Duck!

Mamma het laas Saterdag begin om vir my pap te gee. Pappa het golf gespeel en sy moes maar alleen sukkel. Dit proe niks lekker. Dit voel soos melk wat Mamma verkeerd aangemaak het - nie genoeg water! Ek is darem nou al beter. Hierdie fotos is van die eerste keer wat ek die goed moes eet. Ouma Essie het gese Mamma moet my mond toestop met die dummy, na sy die pap in my mond gesit het!! Pappa was glad nie happy hieroor!!
Soos julle kan sien op die foto's - die goed is SLEG!!
Pappa se ek raak ouliker by die dag. Gisteraand het ek vir die eerstekeer my armpie uitgesteek na Pappa dat hy my moet optel. Hy was tog te bly dat ek hom gekies het!! Ek smile nou aanmekaar en Pappa kan nie ophou kyk na my. Ons gaan Saterdag hopenlik weer mooi foto's laat neem maar die keer gaan Pappa saam!! Julle sal sien volgende week.

Lief julle almal en onthou ons doop op Saterdag, 4 Julie 2009. Dit is glo Independence day in Amerika ver van hier!!

Lief Julle

FRANCOIS








1 comment:

Ronél Loubser said...

Die pap lyk omtrent sleg. Ek het simpatie met jou, want die rys pap proe na niks. Sê mamma moet die Cerelac eerder probeer, dit proe stukke beter.
Lyk my jy en Maria gaan nog groot chommies raak, dis lekker om so iemand te hê , wat mooi na jou kyk.
Dis omtrent bederf om so in pappa se arms te lê en slaap, veral omdat dit so koud is. Roché (my amper 5jr seuntjie) kruip omtrent onder jou in as dit so koud is en daar is niks so lekker soos warm lê en sommer net gesels met my kinders.
Ek sal op jou ander foto's ook bietjie "comment".
Groete tannie Ronel