![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEguk20g23kCf2FhZzKDywxZkIgaLQ9iAJhp9DXokCIcrkt971l-OpyJHoFfedvtC5e6P68OykvYRbrV4v5Z-JwQkmnwA8tiThOK2yPOo3JMkb4ZnpnMdDYArv5f7jSp2JRNVdN1pdLC6EDg/s320/100_1085.jpg)
Hallo Almal
Ek het nou al twee tandjies. Dit was nie baie seer nie maar my mondjie loop die heeltyd. Pappa se my neusie het nog nooit geloop nie, maar nou loop my mondjie. Dit is glo omdat ek tandjies kry!!
Pappa en Mamma wou vandag 'n fototjie gaan neem het van my by 'n Harley, maar die winkel is weg. Hulle het toe maar hierdie fototjie van my geneem! Die rooi bandana is my Harley-look!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh-TybBVl-Q-az2vp91s7zQrHlHfgk7jOxPeprqoR7mOiQV4ydPsY3nNhN02gjfrHOJJML4GZFW5vUFDDx5YzmR3LTkddxdtdb0d0FAOXAWASNrqTnIrGrtao9_Zmr4aljs0EFY9tRbE65T/s320/100_1078.jpg)
Pappa se hier lyk ek nes 'n seuntjie. Ek hou baie van my cammo pants en kan sommer sien dit gaan my gunsteling kleertjies raak!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhuuTEHL6VjHwoxfNu4ZA78D417xhE9Qj44yVngcIiqVKQUaAe8Xt8bVHEb0JjvbEIYs2egNzfR_QJPRI2yElr6QaU-wF48k1vMeGTrt5laZOxH2gIm9VYzesZnouXfpADoV5c1OA-P8zqD/s320/100_1075.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhjCoyZDPTS-Ca0XXunX5m-jhtxxgKpo1kh3qeExOufIf5Kbebn1b_vr3OlG6PQYfaesMwq0E4uxiotto2T8Iwc_CRhuTNJecveNs21VvF3f8KUoJY-xfZHcGpGcBWazFrYZrh8wPTA-fsE/s320/100_1074.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgDYjTu-_tmvA8mnA4IJ06zkJjTJSWXm6BDQ-3V7Jrv9gykBdfP60BfO_j1a8rkBuJCSBtcSWXYj6vBMdjU5JEx_H_93BILXuzefF51HAf49mbUDOWUjSwDqAoUGdWgEMYmgFIkAsAE2hLp/s320/100_1070.jpg)
Ek slaap nou al beter - nog nie genoeg in die nag volgens Mamma - maar ek hou nie van my melkies nie. Mamma se sy kan nie wag dat sy vir my pienkmelkies kan gee nie. Sy se ek sal mal wees daaroor en dan sommer baie melk drink. Ek eet genoeg purity en pappies, maar Mamma dink ek kry nie genoeg vloeistof in nie. Pappa is nie bekommerd, hy se solank my doeke nat is is ek ok!!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjZaUDmtKhhnL6vaJ_QwVNpeUNtws43kFLpt3ct8RxYDYUa9-HLQ7XoxKP98bsP1olp4eCrPKEkon5SXl1CFZi-CCL-EwFxcjQ2PgeHh5ri02THywE927WYWIvxMRFlOFsQdae59uwTtk0t/s320/100_1067.jpg)
Ek dink nie ek het al vir julle vertel nie, maar Ingrid en Anton gaan naby aan ons kom bly. Hier sit ek en Anton en speel. Pappa is baie bly want nou kry hy weer iemand wat weet hoe om sy hare te sny. Ingrid speel lekker my met en sy't klaar gese as Mamma nie iemand het om na my te kyk, sal sy!! Dit gaan baie lekker wees.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgBVfu1nUQYAAqh2gf_aJpx_dlqo3FZIz75He5m1pETVWnGSZnSBuw6RFh1OzHBbLkM0jgwLbi0Ky9D2Ntq7sGoAUWtzQALnP34a5u2dFVoOz-RurCdlfHJrbDqIhBCU2JsAlFizdd1mHs9/s320/100_1062.jpg)
Craig is baie lief vir my. Hier speel hy met my, Mamma se hy's partykeer bietjie rof maar ek is ok. Hy speel lekker met my. Mamma, Pappa en Craig het gister golf gespeel. Craig se ma Granny Judy het na my gekyk. Pappa se Mamma is 'n natural golfer. Sy't glo so goed gespeel dat Pappa besluit het sy kan meer speel dan sal hy na my kyk. Pappa sukkel maar met die golf - hy hoop maar ek het Mamma se gene geerf as dit by golf kom!!
Liefies vir julle alma!
Francois
2 comments:
Jy word nou groot en mooier. Een van die dae het jy 'n mondvol tande en kan dan lekker eet. Ons het sulke heerlike weer gehad die afgelope naweek en wou net rondloop, maar was nie moontlik met 'n besige Saterdag. Jy moet regtig vir ons kom kuier in die Kaap en ons sal ook probeer om daardie kant toe te kom. Mooi bly en groete vir pappa en mamma. Liefde tannie Ronel
Hey dude! Al 2 tande...mmmm nou raak jy 'n grootseun...Jy is pragtig, hoor jy en jy lyk kompleet al soos 'n groot seuntjie...Aai aai, lyk my tannie Karen het jou mamma en pappa se verjaarsdae alweer vergeet, maar toemaar, jou mamma bel gelukkig ook 'n maand na die tyd - die verskil is net, ek weet ek is laat, sy glo vas sy is nog betyds - ha ha ha, maar nes jy is ons ook vreeslik lief vir haar....
Raai wat, tannie Karen en Oom Floris gaan lekker vir jou kom kuier...Ongelukkig net vir 'n kort rukkie, maar ons gaan jou darem kan vashou en kennis maak...
Jy moet lekker slaap en baie liefde, tannie Karen!
Post a Comment