Sunday, September 11, 2011

Bokke Wen!!!


Hallo julle almal!

Hoop dit gaan goed met elke liewe een van julle! Ek het weer lanklaas geskryf en daar het eintlik so baie goed gebeur!

My Pappa en Mamma het einde Augustus albei 40 jaar oud geword! Sjoe, ek dink dis stokoud! My Pappa se hy is baie depressief daaroor (ek weet glad nie wat dit beteken nie) en my Mamma se weer dis heerlik bevrydend (ek weet ook nie wat dit beteken nie). Sy se mens "worry" nie meer op 40 oor dinge soos selluliet (?) en goeters nie - sy is baie happy soos sy is!

My ouma Essie en oupa Han het hier gekuier vir 2 weke en dit was HEERLIK!!! Hulle het met my gejol en gedans en gestap en bederf en alles wat lekker is! Hulle kan nie glo hoe oulik ek nou kan praat nie!



Terwyl hulle hier gekuier het, het ek ongelukkig die dag voor Mamma se verjaarsdag gespeel op die balkon en al in die rondte gedraai. Toe verloor ek bietjie my balans en val met my oogbank teen die geteelde trappe ...

Ai toggie en daar moet ek weer hospitaal toe... By die ER24 het hulle vir eers net steristrips opgeplak, maar dit was baie diep en ek moes die volgende oggend weer teater toe gaan sodat 'n plastiese chirurg dit mooi met steke kon toewerk. Hy het gommetjies aan die buitekant geplak - en siedaar! Baie mooi gedoen. En ek het baie min gehuil toe dit gebeur het. Die dag in die teater het ek vir almal gesmile en gewaai!


My Mamma het haar hare laat sny - sy het dit weer vir 'n pruik vir 'n kankerpasient geskenk. Sy lyk mooi, ne?


Maar toe moet my hare ook waai ... Ek kan mos nou nie langer hare as sy he nie. En was dit nou weer 'n geskree van my kant af, maar ek lyk handsome, ne? En so met die sny bo my regteroog ... Die tannies en meisies kan nie ophou om na my te kyk nie!!




































Hier is sommer net 'n foto van my by die OR Tambo lughawe. Die vliegtuie is darem baie groot! En is ek nie gelukkig nie: ek het nou al 4 keer retoer gevlieg!!!!!!!!!












Hier is 'n foto net nadat ek uit teater gekom het en van die narkose wakker geword het!















Ek het saam met Mamma en Oupa en Ouma Vrydag met die Gautrein gery tot my Mandela Square - toe moes ons dit vandag weer doen sodat Pappa ook kan voel hoe dit is! Dis baie vinnig en ek is mal daaroor!


Ons het toe sommer die rugby van Springbokke teen Wallis daar gekyk - en toe wen ons darem lekker! Ons hou nou duime vas vir die res van die World Cup!


Baie lief vir julle - antwoord tog 'n bietjie!


Francois

xxxxxxxx















Sunday, May 29, 2011

29 Mei 2011

Hallo Almal

Sjoe,ek verlang na julle almal! Daar het SOVEEL dinge gebeur van my pappa en mamma laas getik het,so die foto's begin van oud (Maart) tot nuut - vandag by die koeiplaas!!

Ons het saam ons Kerk by die Dieretuin gaan kamp een aand. Hier is ek saam Nathalie in haar tent. Dit was vet pret; ons het 'n nagmars gedoen en Baie diere gesien (bietjie moeilik om foto's in die aand te neem), maar toe begin dit donderweer en sous deur die nag!!


In April het die mangelmonster my mangels uitgehaal in die hospitaal. Dit was vreemd om in 'n teater te kom en ek het eintlik niks daarvan gehou nie. Die dokter se "jy gaan nou vlieg",maar ek skreeu soos 'n maer vark om nie daardie maskertjie voor my mond te kry nie! Dit was maar baie eina ............. en toe besluit ek............... dis te seer om te sluk, so toe hou ek vir meer as 'n week op om te eet of te drink.......





En daar beland ek toe vir 'n week terug in daardie goor plek! Gedehidreerd en brandmaer! My mamma mag ook nie die eerste aand by my geslaap het nie, so ek weet nie wie die meeste trane gehuil het: ek of sy nie!! Dit gaan darem nou baie beter. Sien julle hoe het ek op my dripstand gery? Hulle het enige iets gedoen om 'n smile uit my te kry, maar verniet ...






Nou ja, en toe gaan maak my pappa marakkas op Moedersdag! Hy was by 'n kongres in Naboomspruit en gaan ry bergfiets (soos elke naweek) - daar bars die voorwiel toe hy 'n "ramp" vat op pad afdraende - en hy maak HARD kennis met die aarde! Hy was tot vir 5 dae in ICU!! Sy skapula en 'n klompie ribbes het gebreek en toe val sy long plat! Ons se vir Liewe Jesus heeltyd dankie dat Pappa nog lewe! Hy het nog steeds baie eina en kan steeds nie gaan werk nie.





Na my eie hospitaalepisode (en voor Pappa s'n) was ons heerlik vir 'n week Hartenbos toe (met die vliegtuig)!!

My oupa Johan en ouma Essie het ook bietjie kom kuier; en oom Hein, Tannie Ashley en my niggie Lindsey het ook vir 'n dag kom kuier!!! My oom het vir my 'n Aircraft carrier boot met 6 vliegtuigies present gegee! Dis nou 'n cool speelding, hoor?





Hier's sommer 'n paar foto's van die familie - kyk net vir Kita op Ouma se skoot.























































































Ons het so ver op die strand gestap - my oupa het hier liewers nie saamgestap - hy moes my dra op sy nek die vorige keer en ek dink sy rug was af! Kyk met die opdraende hoe agter is Ouma en Ashley!! Hulle asems het geblaas, hoor?









Ek het sowaar leer roomys eet - nou weet ek wat ek altyd gemis het! Tannie Ashley het my ook geleer appel eet - dis blykbaar baie gesond!



























Tannie Elona en oom Ben van Bloemfontein het die laaste aand vir ons kom hallo se. Hier sit ek by Marthanique, hul dogter, en 2 maatjies van haar. Sy is al op ouer foto's saam my - sy is eintlik my skelm girlfriend!







Die laaste foto's is almal op die Koeiplaas hier by Irene geneem vanmiddag. Ek is mal daaroor om daar te gaan speel! Daar is kalfies en hoenders en eende en ganse en tot swart swane (die een wou my hap vanmiddag!) My mamma hou op werk Dinsdag - sy gaan nou 'n Huismamma wees vir my. Sy het my belowe ons kan nou sommer baie meer na die koeiplaas gaan - jippie!!!!!!!!








Hier is ek by 'n kalfie. Hulle steek hulle tonge so veeeeeeeeeer uit en lek my dan!













Ek ry altyd op die trekker op die plaas!














Kyk net hoe verspot speel ek en Mamma hier! My mamma gaan weer haar hare sny een van die dae en dit dan skenk vir 'n pruik vir kankerpasiente. Haar hare is laaaaank!

























Ek en my pappa!!















Ons het tot gekyk hoe hulle koeie melk - hierdie klompie wag nou hulle beurte af.


Ek hoop julle antwoord my - baie lief vir julle en 'n lekker week wat voorle. Dis baie koud by ons in Gauteng!!!

Baie liefde

Francois

xxxxxxx

Sunday, February 20, 2011

Februarie 2011


Hallo Julle Almal!


Dit gaan sommer baie goed met my! Ek raak groot, maar ek eet al hoe minder ... My mamma raak gryser by die dag oordat ek nie wil eet nie. Selfs Maria is nou al bekommerd en sukkel haar lam om iets in my te kry. Maar as ek besluit ek wil nie eet nie, dan doen ek dit nie!


Ons was vandag by 'n parkie of speelterrein of wat mens dit ookal noem in Rooihuiskraal. Daar is 'n klomp diere - konyntjies veral! Het ek julle



al vertel dat daar 'n konyntjie onder ons Wendy-huisie bly? Hy het weggeloop by sy mense en nou bly hy by ons! Hy is eintlik al baie makker en die katte jaag hom ook nie.






By die plek waar ons was is reuse skilpaaie, eende, kraanvoels!!, koeie, skape, volstruise (dit ken ek nou al goed), eekhorinkies en nog ander diere!










Ek het selfs kossies vir die Pappa-Rendier gegee! Hy het lekker by my geeet, maar wou nie speel nie. Hy wou my jaag met sy groot horings! My pappa se hierdie bokke is eintlik nie van Suid-Afrika nie, maar hulle is baie mooi vir my. Hulle trek Kersvader se slee!







Ek hou nogal van 'n telefoon. Ek tel dit gereeld op en maak asof ek met my oumas en oupas praat, maar as hulle rerig met my wil praat, dan se ek niks, ek smile net die heeltyd!










Sjoe, my pappa het vir hom 'n baie mooi fiets gekoop! Hy ry graag oor naweke as hy tyd kry. My fietsie is ook rooi en swart en wit soos syne, maar syne is baie groter!

























Ek is vreeslik lief vir my swaaie - ek wil sommer heeldag swaai (en natuurlik op my trampolien ook spring). Maria swaai my sommer vroeg soggens, en as Mamma smiddae by die huis kom, kry sy ons alweer op die swaaie!



Ek het julle mos vertel ek gee sulke lekker drukkies en soentjies - hier het ek vir Pappa 'n lekker druk gegee terwyl hy goed wou print!


Julle moet asb vir my terugskryf - niemand het laas geantwoord nie en my hartjie is nogal seer ...


Baie lief vir julle!

Francois

xxxxxxx


Sunday, February 6, 2011

My 2de Verjaarsdag!!


Hallo Julle Almal

Ek kan nie glo my mamma en pappa het alweer so lanklaas vir julle getik nie!! Ek vra groot jammer namens hulle!

Hier is foto's van my by ons Kersboom en van my geskenke - dit was so lekker hierdie jaar om dit oop te maak! Ek het baie mooi goedjies gekry!



My Tannie Charlene en oom Ian van Klerksdorp was Kersdag saam ons. Ons het heerlik gekuier

en geswem. Ek hoop rerig ek gaan my nefies hierdie jaar bietjie meer sien. Kyk net hoe het ons Dracula-tande in ons monde gesit! Die grootmense was maar lekker bang vir ons!





Ons het die dag na Kersfees met 'n groot vliegtuig gevlieg - dit was 'n verrassing van Pappa af! Dit vlieg baie hoog en baie vinnig!! Dis die tweede keer wat ek vlieg, maar die vorige keer was ek nog 'n babatjie en kan nie eintlik daarvan onthou nie. Ek het eintlik baie stil gesit in die vliegtuig!







Hier is ek by my oom Hein, tannie Ashley en Lindsey op die lughawe. Dit was BAIE LEKKER om hulle ook weer te sien! Ek het my oom gehelp met teelwerk by die swembad.





Hierdie foto was op my verjaarsdagkoek met my naam en die nommer 2 daarop! Dit was 'n roomyskoek!






Hier is die Woensdagaand, 26 Januarie, op my verjaarsdag.




En hier is dit by my partytjie, die Saterdag daarna. Dit was sommer 'n heerlike dag - 'n Konstruksiepartytjie!! Almal het geel hoedjies gekry om te dra. Ons het springkasteel gespring en geswem en sommer net gejol!












'n Mens kan nogal moeg raak so teen die einde en van al die presente oopmaak ...








Hoop julle het nou al die foto's geniet!! Ek mis vir julle en is so lief vir julle almal! Ek gee my mamma en pappa deesdae die lekkerste drukkies!!!!
Lekker week verder en skryf vir my!
Baie liefdetjies,
Francois
xxxxxxx