Thursday, January 29, 2009

Eerste aand by die HUIS !!


Hallo Almal

Gister was my eerste aand by die huis. Dit was baie lekker! Maar hier is eers nog 'n paar fotos van my in die hospitaal.

Hierdie was my eerste bad. Dit lyk of ek dit geniet, maar ek het lekker gehuil! Dit voel nie dieselfde as vrugwater nie. Ek moes lank stil le sodat Pappa die foto kon neem.




Pappa het baie vir my en Mamma kom kuier. Hy was al 5uur in die oggend by ons. Hy't my nogal gepla want ek wil dan nog slaap. Pappa het ook tot laat gebly om Mamma te help. Ek weet nie hoekom hulle so 'n groot storie maak nie. Al wat ek nou nog doen is eet en slaap. So nou en dan maak ek 'n doek.





Ouma en Oupa van Oudtshoorn het vir ons kom kuier. Ek het baie gehuil en hier kon net Ouma my stil maak. Kyk ek trek my mondjie nes Pappa!









Ouma hou my baie lekker vas en ek slaap te lekker in haar arms!!









Hier is my Oupa. Hy kan my ongelukkig nie nou vashou, want hy is siek. Dis maar seker erg oor hy net vir 'n kort rukkie hier kuier en nou mag hy nie eers meer my optel (of bad !) nie. My oupa is blykbaar 'n expert met babatjies bad.




Mamma moes Woensdagaand alleen na my kyk. Sy was eintlik baie rustig. Ons het lekker gespeel heelnag. Ek wou nie te lank slaap nie, want dan kan Mamma nie met my speel nie. Ek het elke 2 uur gedrink.
Hier gaan ons huis toe. Pappa het my Jeep stoeltjie gebring. Pappa kyk baie mooi na my. Hy het omtrent 10km per uur gery huis toe.


Hier slaap ek nog voor ons eers begin ry het.
Mamma en Pappa het darem die eerste nag oorleef! Ek sukkel nog om genoeg te drink in die nag. Mamma gee maar elke 1.5 tot 2 uur vir my kos. Pappa noem dit MAMMA'S TAKE-AWAYS.
Pappa het darem vir Mamma gehelp in die nag. Hy het my windjies uitgeskud. Pappa kon darem slaap van 4:40 to 8:30. Mamma was nie so gelukkig nie. Sy moes vir my 6:30 weer kos gee. Toe slaap ek lekker tot 10uur. Pappa verstaan nie hoekom ek nie so kan slaap in die nag nie. Mamma het my vanoggend my eerste bad by die huis gegee. Dit reen mos baie hier so Mamma was bang om my gisteraand te bad. Mamma het ook gisteraand my naeltjies gesny. Pappa was te bang.

Tannie Libre, Selma en Suzaan-hulle het vir my die lekkerste bedjie gegee. Hy maak so doef doef. Dit laat my lekker slaap. Mamma het eers gisteraand die pram probeer. Maar later het hulle sommer tannie Libre-hulle se bedjie in hulle bed gesit. Dit was vir my baie lekker!
Baai
FRANCOIS
Nou moet ek eers weer gaan slaap.

Tuesday, January 27, 2009

Day Two



Hi


Vandag is ek al 24 uur oud. Pappa was vroeg vanoggend by my. Hy het gou kom kyk of ek nog daar is. Ek dink hy was bang dit was als 'n droom. Hy het toe sommer ook vir Mamma gehelp stort en aantrek. Pappa moes ongelukkig vandag gaan werk het maar hy't belowe hy gaan nie laat wees nie. Mamma het gister die mooiste blomme gekry.


Ek het gister al reeds my eerste bad weg. Dit was nie dieselfde as om in Mamma se water te swem nie. So baie mense het vir ons gebel gister. Ek's seker baie besonders.


Sjoe ek kon nie glo hoe grys Pappa is nie. Ten minste is my Mamma pragtig. Ek kan maar altyd vir die ander mense se Pappa is eintlik my oupa.


Lief julle almal.


Francois

Monday, January 26, 2009

26 Jan 2009 09:07am


Hallo Almal

Hier is ek uiteindelik. Pappa het my naelstring gesny. Ek wou ne he hy moet dit doen maar tannie Jackie het gese hy moet. Pappa se dit was nogal moeilik. Dit voel glo soos rubber. Ek verstaan dit, ek het darem vir nege maande kos hierdeur gekry. Dit moet sterk wees.



Hier is ek net na ek uitgekom het. Tannie Jackie het my lekker stuif vas gehou en toe slaap ek sommer in haar arms. Gelukkig was my naelstring toe nog aan. Hier moet hulle my nog afvee. Ek het nie gedink daar sal soveel bloed wees nie. Pappa was gelukkig okay. Hy het net bietjie geskrik toe hy sien hoe hulle Mamma oopskeur.




Hier staan Pappa lekker en huil. Hy se dit was oor hy so bly was om my te sien. Ek dink Pappa het iets in sy oog gehad.










Hier is die nuwe Joubert familie. Mamma hou my lekker stuif vas.









Hier se Pappa vir Mamma dankie dat sy my vir hom gekry het.









Hier is ek in die broeikas.





Hier kyk nog 'n dokter na my om seker te maak ek is gesond. Ek is perfek. Sommer volpunte gekry vir alles.
Nou gaan ek lekker slaap. Praat weer more.
Francois

Sunday, January 25, 2009

Nog net 12 uur

Yippee more gaan Mamma en Pappa my kry by die hospitaal. Mamma moet 6 uur daar wees en word 8:45 gedoen. Pappa het vanoggend gou golf gespeel. Pappa het vanmiddag vir die laaste keer inni middag geslaap. Hulle se as ek eers daar is sal hulle nie meer wil slaap nie. Ek weet nie so lekker want ek raak gou moeg en hou van slaap. Ek hoop nie Pappa en Mamma hou my wakker as ek wil slaap nie.

Ek het vir Pappa gevra om more fotos van my op die blog te sit. Ek's baie opgewonde want more sien ek my mooiste Mamma.

Nog net 12 uurtjies.

Baai

Francois

Friday, January 23, 2009

3 Daggies

Nog net 3 Slapies dan kry Pappa my by die Hospitaal. Pappa het lekker geskrik vanmiddag. Mamma het 'n baie erge pyn gekry. Pappa dink toe sy moet vinnig by die hospitaal kom. Woensdag het ek 3.01 kg geweeg. Tannie Jackie se sy dink ek gaan so 3.3kg wees Maandag. Mamma het die week toe net Woensdag gewerk Ek dink ek is nou reg om Pappa en Mamma te ontmoet. Ek kanni meer groei hier binne dit is te beknop.

Pappa gaan more vir my ouma en oupa vanni Kaap haal by die lughawe. Ek weet nie waar dit is nie. Hulle is baie opgewonde om my te sien. Ouma het gese sy gaan vir Pappa kom kos maak. Ek weet ni hoekom nie want Pappa doen dit altyd. Mamma se ek moet nou sak want sy kry baie erge sooibrand. Ek weet nie waarheen ek moet sak nie.

My niggie Lindsey van Vishoek kanni kom kuier. Hulle skool het Woensdag begin. Sy noem my Franki. Dit is my eerste bynaam.

Oupa is baie opgewonde om my te leer krieket en rugby speel. Ek weet ook nie wat dit is nie. Oom Heinrich en tannie Ashley het geglo ek gaan gister kom maar dit is nog te lekker hier binne.

My vingertjies is nou moeg getik. Ek dink nie julle weet hoe hard ek die knoppies moet druk om vir julle te kan skryf nie. My vingertjies is mos nog klein.

Baai sien julle Maandag.

Francois

Tuesday, January 20, 2009

Amper Klaar

Jammer ek het so lank laas met julle gepraat maar Mamma het vir Pappa baie besig gehou. Laas week het ek 2.912kg geweeg. Tannie Jackie se ek gaan 'n pragtige babatjie wees. Mamma le van laas week Donderdag inni bed. Dit is baie lekker. Ek kan nou lekker slaap en word nie so baie gepla deur Mamma.

More gaan ek weer dokter toe. Pappa se hy gaan my Maandag 26 Jan haal by die hospitaal. Ek verstaan dit nie ek is dan klaar by Mamma. Mamma moet Woensdag weer gaan werk maar ek will eerder by die huis bly.

Nog net 6 slaapies dan kan ek vir julle 'n foto stuur van my. Ek lyk nes Pappa.

Francois