Friday, January 23, 2009

3 Daggies

Nog net 3 Slapies dan kry Pappa my by die Hospitaal. Pappa het lekker geskrik vanmiddag. Mamma het 'n baie erge pyn gekry. Pappa dink toe sy moet vinnig by die hospitaal kom. Woensdag het ek 3.01 kg geweeg. Tannie Jackie se sy dink ek gaan so 3.3kg wees Maandag. Mamma het die week toe net Woensdag gewerk Ek dink ek is nou reg om Pappa en Mamma te ontmoet. Ek kanni meer groei hier binne dit is te beknop.

Pappa gaan more vir my ouma en oupa vanni Kaap haal by die lughawe. Ek weet nie waar dit is nie. Hulle is baie opgewonde om my te sien. Ouma het gese sy gaan vir Pappa kom kos maak. Ek weet ni hoekom nie want Pappa doen dit altyd. Mamma se ek moet nou sak want sy kry baie erge sooibrand. Ek weet nie waarheen ek moet sak nie.

My niggie Lindsey van Vishoek kanni kom kuier. Hulle skool het Woensdag begin. Sy noem my Franki. Dit is my eerste bynaam.

Oupa is baie opgewonde om my te leer krieket en rugby speel. Ek weet ook nie wat dit is nie. Oom Heinrich en tannie Ashley het geglo ek gaan gister kom maar dit is nog te lekker hier binne.

My vingertjies is nou moeg getik. Ek dink nie julle weet hoe hard ek die knoppies moet druk om vir julle te kan skryf nie. My vingertjies is mos nog klein.

Baai sien julle Maandag.

Francois

1 comment:

Ronél Loubser said...

Ek kan sommer hoor die Coetzee's kan nie wag dat jy jou opwagting maak nie. Ek ook nie, maar sal seker lank moet wag voor ons jou sien. Sal probeer 'n plan maak, maar ons moet ook vlieg om by jou te kom kuier en ek het twee woelwater kinders. Jou verlangse nefie en niggie. Groete tannie Ronel van die Paarl.