Sunday, January 25, 2009

Nog net 12 uur

Yippee more gaan Mamma en Pappa my kry by die hospitaal. Mamma moet 6 uur daar wees en word 8:45 gedoen. Pappa het vanoggend gou golf gespeel. Pappa het vanmiddag vir die laaste keer inni middag geslaap. Hulle se as ek eers daar is sal hulle nie meer wil slaap nie. Ek weet nie so lekker want ek raak gou moeg en hou van slaap. Ek hoop nie Pappa en Mamma hou my wakker as ek wil slaap nie.

Ek het vir Pappa gevra om more fotos van my op die blog te sit. Ek's baie opgewonde want more sien ek my mooiste Mamma.

Nog net 12 uurtjies.

Baai

Francois

1 comment:

Sanel said...

Ons kan nie wag vir daai foto's nie!
Baie geluk!
van jou tannie Sanel en tannie Madalé