Hallo Almal
Hier is ek uiteindelik. Pappa het my naelstring gesny. Ek wou ne he hy moet dit doen maar tannie Jackie het gese hy moet. Pappa se dit was nogal moeilik. Dit voel glo soos rubber. Ek verstaan dit, ek het darem vir nege maande kos hierdeur gekry. Dit moet sterk wees.
Hier is ek net na ek uitgekom het. Tannie Jackie het my lekker stuif vas gehou en toe slaap ek sommer in haar arms. Gelukkig was my naelstring toe nog aan. Hier moet hulle my nog afvee. Ek het nie gedink daar sal soveel bloed wees nie. Pappa was gelukkig okay. Hy het net bietjie geskrik toe hy sien hoe hulle Mamma oopskeur.
Hier staan Pappa lekker en huil. Hy se dit was oor hy so bly was om my te sien. Ek dink Pappa het iets in sy oog gehad.
Hier is die nuwe Joubert familie. Mamma hou my lekker stuif vas.
Hier se Pappa vir Mamma dankie dat sy my vir hom gekry het.
Hier kyk nog 'n dokter na my om seker te maak ek is gesond. Ek is perfek. Sommer volpunte gekry vir alles.
Nou gaan ek lekker slaap. Praat weer more.
Francois
1 comment:
Jy lyk pragtig en met sulke wakker ogies, gaan mamma en pappa nog vele slapelose nagte hê. Geniet hom en baie geluk. Liefde die Loubsers
Post a Comment