Wednesday, February 11, 2009

Lekker by die huis

Hallo Almal

DIt is vir my nou al baie lekker by die huis. Ek slaap elke aand styf teen Mamma. Pappa het maar opgegee en slaap op 'n matrassie op die vloer. Hy wil graag in die nag vir Mamma help met my windjies. Gisteraand moes Mamma maar alleen sukkel,want Pappa het nie eers wakker geword as ek huil nie. Ek sukkel baie met krampies op die oomblik!

Gister het my naeltjie afgeval. Dit was nie lekker met die biltongtjie op my maag nie. My doeke het die heeltyd daarteen geskuur.

Vanmiddag het ek lekker in Pappa se arm gele en slaap. Pappa hou daarvan om my styf vas te hou. Pappa moes vir drie dae 'n masker gedra het, want hy was siek en wou my nie aansteek nie.
Mamma en Pappa jaag die heeltyd die katjies weg as hulle naby my kom. Ek kan nie wag dat hulle by my kan slaap nie!

More gaan ons weer om geweeg te word. Die dokter het laas week gese ek moet more 3.3kg weeg. Pappa en Mamma dink ek het al baie gegroei maar ek weeg maar dieselfde.

Sondag het my eerste maatjie kom kuier. Sy naam is DJ. Hy is net 10 weke ouer as ek, maar hy is baie groter as ek. Ek sal hom maar nie kwaad maak nie.

Dankie dat julle almal so lief is vir my. Ek hou van die briefies wat tannie Ronel vir my skryf. Ek wens net die ander mense wat na my fototjies kyk will ook vir my briefies los. Pappa se as julle nie weet hoe moet julle net vir hom vra.

Lief vir julle.

FRANCOIS

2 comments:

Karen said...

Maar alla wêreld Francois jy is so groot....en pragtig...ek kan nie lekker agterkom wie se looks jy het nie, want jy is gorgeous....foeitog lyk my jou mamma en pappa sukkel met die min slaap...ek sal so dink, want hulle was vroeer as 2 oumensies al in die bed...so jy kan hulle maar bietjie wys wat dit is om wakker te wees....na 8 in die aande - ha ha ha! Francois, jy moet sê mamma moet jou lekker masseer op jou magie vir die krampe...'n mens leer oulike goedjies by party baba masseringsklassies en dit het vir Dawie - ons noem hom sommer jou kleinneef....gehelp met sy koliek...
Oom Floris sê ook hello en sjoe man, ons kan nie wag om jou ook vas te hou nie....
Jy moet lekker drink sodat jy sommer bitter vinnig kan groei....
Ons love jou en sal kom kuier so gou as wat ons kan, maar moenie te opgewonde raak nie, dit kan dalk 'n rukkie wees.
O ja - sê tog asb. vir mamma en pappa ek en Oom Floris stuur al ons liefde (net nou voel hulle afgeskeep!!!)
xxx
Die Stemmies

Ronél Loubser said...

Hallo Francois, ons het lanklaas gesels (per blog), hopelik een van die dae van aangesig tot aangesig. Bly jou naelstring-ding het afgeval, dit is sommer 'n irritasie veral om skoon te hou. Jy word nou mooi groot en probeer tog jou slaap beperk in die dag sodat jy en mamma in die aand kan slaap. Mamma lyk in elk geval al so goed na jou geboorte, so lyk my sy kry darem nie te min slaap nie. Sê pappa moet 'n groter bed koop, want as jy groter is, is dit lekker op 'n Saterdagoggend as jy by hulle inkruip en sommer net gesels en dan soek mens spasie vir almal om te lê. Jou agter-agter kleinneef Roche het Vrydag by die skool besluit hy sny sy eie hare - hy is links en het sy hare voor links als weggesny - lekker belaglik gelyk, maar nou ja elke kind sny seker op een of ander stadium self sy hare, mamma moet dus die skêre ver weg sit. Ons het toe Roche se hare baie kort moes afskeer om die gate wat hy in sy hare geknip het weg te kry. Groete vir al die ander Jouberts. Liefde tannie Ronel