Tuesday, January 27, 2009

Day Two



Hi


Vandag is ek al 24 uur oud. Pappa was vroeg vanoggend by my. Hy het gou kom kyk of ek nog daar is. Ek dink hy was bang dit was als 'n droom. Hy het toe sommer ook vir Mamma gehelp stort en aantrek. Pappa moes ongelukkig vandag gaan werk het maar hy't belowe hy gaan nie laat wees nie. Mamma het gister die mooiste blomme gekry.


Ek het gister al reeds my eerste bad weg. Dit was nie dieselfde as om in Mamma se water te swem nie. So baie mense het vir ons gebel gister. Ek's seker baie besonders.


Sjoe ek kon nie glo hoe grys Pappa is nie. Ten minste is my Mamma pragtig. Ek kan maar altyd vir die ander mense se Pappa is eintlik my oupa.


Lief julle almal.


Francois

1 comment:

Ronél Loubser said...

Jy is 'n pragtige seuntjie, maar met ouers soos Jaco en Lizel hoe anders. Slaap lekker en laat mamma en veral pappa rus. Soet wees, tannie Ronél