Jammer ek het so lank laas met julle gepraat maar Mamma het vir Pappa baie besig gehou. Laas week het ek 2.912kg geweeg. Tannie Jackie se ek gaan 'n pragtige babatjie wees. Mamma le van laas week Donderdag inni bed. Dit is baie lekker. Ek kan nou lekker slaap en word nie so baie gepla deur Mamma.
More gaan ek weer dokter toe. Pappa se hy gaan my Maandag 26 Jan haal by die hospitaal. Ek verstaan dit nie ek is dan klaar by Mamma. Mamma moet Woensdag weer gaan werk maar ek will eerder by die huis bly.
Nog net 6 slaapies dan kan ek vir julle 'n foto stuur van my. Ek lyk nes Pappa.
Francois
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Moenie dat ons so lank wag vir die foto as jy eers daar is nie. Maar pappa en mamma gaan hul hande vol hê, maar weet sommer hulle is reg vir jou. Ons wag dus in spanning. Sê vir mamma sy moet bene in die lug lê en rus.
Post a Comment