Hallo Almal
Gister was my eerste aand by die huis. Dit was baie lekker! Maar hier is eers nog 'n paar fotos van my in die hospitaal.
Hierdie was my eerste bad. Dit lyk of ek dit geniet, maar ek het lekker gehuil! Dit voel nie dieselfde as vrugwater nie. Ek moes lank stil le sodat Pappa die foto kon neem.
Pappa het baie vir my en Mamma kom kuier. Hy was al 5uur in die oggend by ons. Hy't my nogal gepla want ek wil dan nog slaap. Pappa het ook tot laat gebly om Mamma te help. Ek weet nie hoekom hulle so 'n groot storie maak nie. Al wat ek nou nog doen is eet en slaap. So nou en dan maak ek 'n doek.
Ouma en Oupa van Oudtshoorn het vir ons kom kuier. Ek het baie gehuil en hier kon net Ouma my stil maak. Kyk ek trek my mondjie nes Pappa!
Ouma hou my baie lekker vas en ek slaap te lekker in haar arms!!
Hier is my Oupa. Hy kan my ongelukkig nie nou vashou, want hy is siek. Dis maar seker erg oor hy net vir 'n kort rukkie hier kuier en nou mag hy nie eers meer my optel (of bad !) nie. My oupa is blykbaar 'n expert met babatjies bad.
Mamma moes Woensdagaand alleen na my kyk. Sy was eintlik baie rustig. Ons het lekker gespeel heelnag. Ek wou nie te lank slaap nie, want dan kan Mamma nie met my speel nie. Ek het elke 2 uur gedrink.
Hier gaan ons huis toe. Pappa het my Jeep stoeltjie gebring. Pappa kyk baie mooi na my. Hy het omtrent 10km per uur gery huis toe.
Mamma en Pappa het darem die eerste nag oorleef! Ek sukkel nog om genoeg te drink in die nag. Mamma gee maar elke 1.5 tot 2 uur vir my kos. Pappa noem dit MAMMA'S TAKE-AWAYS.
Pappa het darem vir Mamma gehelp in die nag. Hy het my windjies uitgeskud. Pappa kon darem slaap van 4:40 to 8:30. Mamma was nie so gelukkig nie. Sy moes vir my 6:30 weer kos gee. Toe slaap ek lekker tot 10uur. Pappa verstaan nie hoekom ek nie so kan slaap in die nag nie. Mamma het my vanoggend my eerste bad by die huis gegee. Dit reen mos baie hier so Mamma was bang om my gisteraand te bad. Mamma het ook gisteraand my naeltjies gesny. Pappa was te bang.
Tannie Libre, Selma en Suzaan-hulle het vir my die lekkerste bedjie gegee. Hy maak so doef doef. Dit laat my lekker slaap. Mamma het eers gisteraand die pram probeer. Maar later het hulle sommer tannie Libre-hulle se bedjie in hulle bed gesit. Dit was vir my baie lekker!

Baai
FRANCOIS
Nou moet ek eers weer gaan slaap.
2 comments:
Dankie vir al die mooi foto's. Jy moet tog vir mamma bietje slaaptyd toelaat, maar as dit nie anders kan nie is dit ook oraait. SAl jou mamma bel oor die naweek. Geniet dit by die huis want dis baie beter as die hospitaal en slaap lekker tussen mamma en pappa. Groete vir ouma Essie en oupa Johan. Liefde tannie Ronel
Liewe Francois
Jy is te pragtig! Ek verstaan hoekom jy nie in die nag wil slaap nie. Ek slaap ook baie lekkerder in die dag!
Liefde tannie Annelize
Post a Comment